Man skok dood by Jhb-substasie

Argieffoto: Pixabay.com

Werknemers van City Power in Johannesburg het Sondag op die liggaam van ʼn man afgekom wat doodgeskok het toe hy aan ʼn substasie gepeuter het.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het gesê die substasie is naby Steeldale in die suide van Johannesburg geleë. “Die persoon het vermoedelik geskok toe hy aan staalmateriaal in die substasie gepeuter het. Hy het werksgereedskap by hom gehad.”

City Power waarsku persone om nie aan sy infrastruktuur te peuter of dit te vandaliseer nie. “Nie net is dit baie duur om te herstel nie, dit lei gewoonlik tot dood of beserings,” het Mangena bygevoeg.

Die man se identiteit is nog nie bekend nie en dit is in hierdie stadium ook onduidelik of hy alleen gewerk het. Die toneel is aan die polisie oorgegee wat verder ondersoek instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andries Visagie ·

Snaaks hoe dit altyd kwansuis iemand is wat “peuter”, dis verpestelike kabeldiewe, niks anders nie. “Werksgereedskap” = diefstaltoerusting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.