Man skok dood op Jhb-konstruksieperseel

Foto: ER24

ʼn Man is Vrydagmiddag dood toe hy op ʼn konstruksieperseel in Fourways, Johannesburg, geskok het.

Paramedici is omstreeks 15:00 na die toneel ontbied. “ʼn Groot vragmotor het onder kragdrade parkeer gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, verduidelik. “Die liggaam van ʼn man het langs die voertuig gelê.”

Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy ernstige brandwonde opgedoen het. Hy het nie enige teken van lewe getoon nie en daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Die bak van die vragmotor het vermoedelik kontak gemaak met die oorhoofse kragdrade en die man het waarskynlik geskok toe hy aan die voertuig se beheerpaneel geraak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.