Man skok dood terwyl hy gras sny

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 40’s het Maandag doodgeskok terwyl hy gras gesny het by sy huis in Vanderbijlpark.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man het met paramedici se aankoms op die vloer gelê met brandwonde aan sy wange en hande. “Sy vrou was besig om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas.”

Volgens Meiring het paramedici by die man se vrou oorgeneem en vir sowat 45 minute mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Hulle kon egter nie daarin slaag om die man by te bring nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Die presiese omstandighede wat tot die voorval gelei het is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.