Man skuldig aan gru-moord

Aljar Swartz. Foto: Catherine Rice/ANA

Aljar Swartz. Foto: Catherine Rice/ANA

ʼn 20-jarige man is daaraan skuldig bevind dat hy ʼn 15-jarige skoolseun in Oktober 2013 onthoof het.

Regter Elize Steyn het Aljar Swartz Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof ook skuldig bevind op drie aanklagte van uitlokking om moord te pleeg.

Swartz het verlede maand erken dat hy Lee Adams op 17 Oktober 2013 verwurg het. Hy het hom hierna verskeie kere met ʼn mes gesteek en toe onthoof. ʼn Veiligheidswag het Adams se lyk naby ʼn verlate skool gevind terwyl Adams se kop gevind is waar dit in ʼn vlak graf in Swartz se tuin begrawe is.

Die staatsaanklaer Carine Teunissen het vroeër aan die hof gesê dat Swartz vir Adams onder valse voorwendsels na die skool gelok het. Hy het glo aan Adams gevra of hy saam met hom dagga wil rook.

Teunissen het gesê dit was moord met voorbedagte rade. Swartz het glo beplan om Adams se kop aan ʼn sangoma te verkoop vir R5 000.

Swartz het beweer dat hy ʼn satanis was ten tyde van die moord. Teunissen het dit egter bevraagteken en gesê daar was geen tekens van ʼn satanistiese ritueel op die moordtoneel nie. Volgens Teunissen het Swartz ook vier ander mense probeer oortuig om saam met hom die moord te pleeg.

Swartz sal op 28 April gevonnis word.

Lees alle vorige berigte oor Aljar Swartz op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Danie Malan ·

Die is siek ! Wat gaan in so mens se kop aan ? Ek is so jammer vir die 15 jarige se familie en vriende. Hoe verwerk jy ‘n gru moord soos die op ‘n 15 jarige wie se hele lewe nog voor hom gelê het…?

Weskaper ·

Dit is hoekom dagga verbode is, jy raak heel van jou kop af. Sommige mense wil dan nog prober om dagga te wettig.

Reinhardt ·

As ek jou nooi om n bier te drink saam my en dan daarna jou doodmaak, is dit bier se skuld? Daai ou is siek in die kop, hy sou dit doen maak nie saak wat nie. Dagga het nog nooit enigiemand aggresief gemaak nie, dit kan ek jou belowe. Al wat mens wil doen is op die bank le en TV kyk.

Irene ·

Dit is nou dat hierdie moordenaars in die publiek gehang word hulle moor en moor net sake duur vir maande of jare. Kom nou ruk julle reg

THEA SWART ·

vandat die weermag nie meer “bestaan” nie en ons jong manne ( of mannetjies ) so uitdraai soos nuttelose jellierige vellerige goed -weet nie werklik wat om hulle te noem nie – le die hele dag in die strate en dink allerhande gemors uit en dit is wat jy kry – is daar rerig niks meer van ons wonderlike land oor nie

Hannelie ·

Hy is siek!!! Kyk net hoe sit hy so onskuldig in die bank. Of dagga nou die oorsaak kry of nie, hy is en bly ‘n moordenaar!!

CHRISTA ·

Dit lyk weer vir my of hy op die bank sit en nie ‘n duiwel omgee wat die uitspraak is nie!

Reinhardt ·

Om die skuld vir dagga te gee is soos om te se geweldadige flieks en games gaan veroorsaak dat jy mense doodmaak. Ekt elke liewe geweldadige fliek en game gespeel wat ek kon in die hande kry en ek was nog nooit eens in n bakleiery nie. Dit gaan oor die mens, nie die middel nie.

Bitter ·

Aanvaar wat jou besluit was en leef met jou dade, moet nie nou se jy was onder satanisme nie…ons geg graag die skuld aan iets of omstandinghede…maar nooit die persoon nie…wat het geword van reg en verkeerd….as dit dan nie hoekom ons ogvoed word om te weet en te leer en as jy verkeerd doen gestraf te word nie , ooo ja hoe kan ek vergeet n goeie pakslae is mos nie te vinde in ons land nie…
bring terug die dood straf wat jy uit deel sal jy kry…
bring terug lyfstraf op skool , n goeie pakslae het niemand nog dood gemaak nie en sal baie kinder net goed doen….ek sien die tieners seuns van vandag het niks respek nie en dan die meisies praat ek nie oor nie….waar is ons respek vir ander en ouer mense heen…of jou ouers ….vrouens ag die lys gaan aan, maar nee kom ons blameer dan nou iets of iemand dis mos makliker….ag nee wanneer kan ons die reg ruk..

Lies ·

Mense moet ophou om verskonings te soek vir hul gedrag. Maak ni saak om watter rede hy die moord gepleeg het nie, dit bly moord. Onwettig bly onwettig of jy nou dagga rook of steel of moordpleeg as jy gevang word moet jy jou straf vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.