Man skuldig aan manslag tien jaar ná ongeluk

(Foto: pixabay)

Die Mthatha-streekhof het ʼn man tronkstraf van 14 jaar opgelê nadat hy skuldig bevind is aan 13 aanklagte van strafbare manslag.

Fikile Ginyizembe (43) was in 2009 betrokke in ʼn ongeluk met ʼn minibustaxi by ʼn berugte aansluiting tussen die Ikhwezi-township en Vulindlela Heights in Mthatha in die Oos-Kaap.

Die hof het bevind Ginyizembe, wat ʼn bakkie bestuur het, moes gewag het vir die taxi, wat ryvoorrang gehad het, voordat hy verder gery het. Ginyizembe het versuim om te wag en die voertuie het gebots, omgeslaan en in vlamme uitgebars, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in ʼn verklaring gesê.

Nege passasiers en die minibusbestuurder is ná die ongeluk in die bussie vasgekeer en het daar doodgebrand. Nog drie passasiers is later in ʼn hospitaal dood.

Die hofsaak is verlede jaar hervat nadat dit weens verskeie vertragings in die ondersoek vroeër van die hofrol verwyder is.

“Ginyizembe het onskuldig gepleit en aangevoer dat hy nie die aankomende taxi gesien het nie en dat dit, volgens sy weergawe van gebeure, moontlik ook buitensporig vinnig gery het,” het Luxolo Tyali, woordvoerder van die NVG, gesê.

Landdros Sizakele Sihlahla het Ginyizembe se verweer as “dun” beskryf.

“Selfs al het die taxi te vinnig gery, was jy veronderstel om te stop en dit toe te laat om eerste te ry. As jy nie voor dit probeer inry het nie, sou 13 siele gespaar gebly het,” het die landdros bevind.

Tydens vonnisoplegging het Sihlahla met die staat saamgestem dat ʼn swaar straf nodig is ter waarskuwing vir ander motoriste om die padreëls te gehoorsaam.

“Die NVG verwelkom die vonnis as ʼn duidelike aanduiding dat diegene wat die verkeersreëls verontagsaam, vervolg en dienooreenkomstig gestraf sal word,” het Tyali gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Guardtjie ·

Dertien dood wat in die taxi was, maar die ander ou is skuldig! Taxis is mos wetsgehoorsaam, al die ander padgebruikers is hopelose bestuurders!

Lollo ·

Het jy die berig gelees voor jy kommentaar gelewer het. Die man in die bakkie was verkeerd gewees dis hoekom hy skuldig bevind is.

???? leser ·

dis nou baie mooi, 14 jaar vir 13 siele, ooooo, dis so want hy is swart , wonder wat sou gebeur het as hy wit was ???????????????

Biebie ·

En dit vat hulle 10 jaar om te besluit…? Sjoe, ons regsstelsel is ‘n grap!

thinus erasmus ·

Ja die wiele van die gereg het baie stadig begin draai – letterlik terug na die ossewa wiel! Sommige gevalle het die wiele al afgekom en ons is terug op die slee.

chrisjan ·

13 vermoor en hy kry net 14 jaar waarvan hy MISKIEN 7 sal sit.Dis belaglik!Daai regter moet sy kop laat lees.

Gert van Wierdapark ·

Zuma se Porsche was nog “Nat agter die ore” dis hoekom die motortjie mos gegly het, het die deskundige en ander motoris mos getuig,?!! Dit kon dalk egter die moer wat die stuurwiel-meganisme in plek moes hou, wat foutief opereer het en toe aanleiding tot die glyslag gegee het!

Henk ·

Net ‘n klip in die bos. Is die beskuldigde werklik skuldig of is dit die stelsel wat skuldig bevind moes word ? Wie het hom ooit getoets vir dieptesig ? ‘n Persoon met gebrekkige dieptesig kan glad nie afstand skat nie en is myns insiens die rede waarom daar so baie ongelukke is.

thinus erasmus ·

Jy is reg Henk. Dit is so dat Afrikane wel probleme het met diepte sig of ruimtelike observasie en veral die bepaling van afstand/tydsduur van aankomende verkeer. Dit is waarom so baie voetgangers wat pad wil oorsteek raak gery word, so baie kop aan kop botsings plaasvind waar een voertuig verbysteek terwyl verkeer aankom. Die beskuldigde se aandeel was dalk net so groot soos die taxi bestuurder wat heelwaarskynlik wel te vinnig gery het op ń plek waar ek vermoed ń 60 sone is.

Theresa ·

Ek wonder net hoeveel taxi bestuurders is al aangekla van mansslag? Dis interessant om te lees dat al het die taxi te vinnig gery, hy nogsteeds moes stop omdat die taxi voorrang geniet om te ry…… Dit blyk dan soos ons dit inderdaad ervaar, dat dit irrelevant is van wat die taxi verkeerd doen, jy moet kyk en behoede jou as jy nie kyk nie – mansslag kan jou voorland wees…..

Cherokee ·

Theresa, dit is nie klinkklaar bewys dat die taxi (te) vinnig gery het nie. Dit is sy bewering wat nie bewys is nie.

Jr ·

Maar Zoom Zoom Zumpie sal los kom want papa het baie Gumpie geld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.