ʼn Man (32) is vandeesweek in die Bloemfonteinse hooggeregshof skuldig bevind aan ʼn string aanklagte waaronder moord. Dié aanklagte hou verband met ʼn mislukte transitoroof in 2017 in die Rosestad.
Ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, het gesê Monyane Ishmael Mohlomi is Maandag skuldig bevind op twee aanklagte van moord, twee aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Mohlomi is in Augustus 2017 saam met ʼn medepligtige in Bloemfontein in hegtenis geneem kort ná ʼn mislukte transitorooftog by die Central Park-winkelsentrum in die stad.
Volgens Steyn het vier verdagtes destyds die veiligheidswagte oorval terwyl hulle op pad was om kontant in ʼn kitsbank te laai. Die verdagtes het die wagte met vuurwapens gedreig en geëis dat hulle die kontant oorhandig. ʼn Skietery het uitgebreek nadat die rowers op die wagte losgebrand het.
Twee van die rowers is doodgeskiet.
Volgens Steyn sal Mohlomi weer volgende week in die hof verskyn wanneer argumente ter strafverswaring en -versagting aangehoor sal word.
Die vierde vermeende betrokkene is intussen vrygespreek op die aanklagte teen hom.
Daai < 70 staan geskryf oor die mug shot.
Haal uit jou ANC lidmaat kaart my maat, en swaai hom rond en wys almal. Jy sal vir seker minder tronk tyd kry!
Het hy sy rowermaats dood geskiet? Dit is waarna dit klink.
Hoe kan ‘n man wat betrokke is by ‘n gewapende roof vrygespreek word? Al kon hy net met assosiasie verbind word maak dit hom skuldig, al is dit as medepligtige, deelname aan die roof of selfs dat hy bewus was van die roof……..