Man skuldig aan moord op 4-jarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 25-jarige man van KwaZulu-Natal is in die Pongola-streekhof skuldig bevind aan die ontvoering van en moord op ʼn vierjarige seuntjie.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê Sibongiseni Magugula sal na verwagting Vrydag gevonnis word nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van ontvoering, een van poging tot moord en een van moord.

Magagula het die vierjarige Lungisani Ntuli in Julie verlede jaar ontvoer, vermoor en sy ledemate afgesny. Van die ledemate is op die St. Jones-kerk se perseel gevind terwyl nog ledemate by ʼn vrou se huis in die area gevind is.

Inwoners het destyds woedend gereageer op die moord en die vrou se huis en ʼn rondawel op die kerkterrein aan die brand gesteek. Die kerk is ook gevandaliseer en minstens 15 mense is in hegtenis geneem.

Ramkisson-Kara het gesê een van die ontvoeringsaanklagte en die aanklag van poging tot moord hou verband met die ontvoering van nog ʼn vyfjarige seun in Junie verlede jaar. Die seun is gered toe ʼn man op hom en Magagula in ʼn suikerrietplantasie afgekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

j ·

Moord is moord en tog is al die gewone kommentators stil? Is hierdie nie ook ‘n lewe wat gewelddadig geneem is nie? Eienaardig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.