Man skuldig aan moord op 9-jarige

Sibonelo Seni Mkhize in die hof. (Foto: Doctor Ngcobo, ANA)

Die man wat tereggestaan het vir die moord op die negejarige Sadia Sukhraj is Maandag in die Durbanse hooggeregshof skuldig bevind. Sadia is verlede jaar gedurende ʼn mislukte kaping naby Chatsworth in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Sibonelo Seni Mkhize (35) van Marianhill sal Dinsdag gevonnis word.

Hy is vroeër vandag skuldig bevind van “gemeenskaplike doel” in twee aanklagte van moord: een rakende die dood van Sadia en een rakende die dood van sy medepligtige, Siyabonga Bulose.

Mkhize is ook skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede nadat hy Shailendra Sukhraj se motor, sak, selfoon, bankkaarte, sleutels en kontant geroof het. Shailendra is Sadia se pa.

Sadia Sukhraj (Foto: ANA)

Maroela Media het vroeër berig Sadia en haar pa was die oggend van 28 Mei verlede jaar op pad skool toe en het eers by haar grootouers se huis in Shallcross stilgehou. Sadia het agter in die motor gesit, terwyl haar pa by haar oupa en ouma se huis uitgeklim het. “Terwyl sy in die stilstaande motor in haar grootouers se oprit was, het [Mkhize] en nog ʼn aanvaller haar pa oorval,” lui die klagstaat.

“Die aanvallers was gewapen en het ʼn vuurwapen op haar pa gerig en die sleutels geëis. Hy het die motorsleutels na hulle gegooi, waarna hulle in die voertuig geklim het. Terwyl die aanvallers van die toneel gevlug het met sy dogter steeds in die motor, het hy verskeie skote op die bestuurder afgevuur met sy gelisensieerde vuurwapen.”

Die voertuig het tot stilstand gekom nadat dit teen ʼn ander voertuig gebots het en Mkhize het te voet op die vlug geslaan. ʼn Polisiebeampte wat van diens af was, het hom egter agternagesit en vasgetrek. Mkhize se medepligtige is in die bekken gewond en is op die toneel dood oomblikke nadat hy uit die motor gespring het.

Shailendra Sukhraj en Lorraine Sukhraj, Sadia se ouers. (Foto: Doctor Ngcobo. ANA)

Sadia is na ʼn hospitaal gehaas waar sy dood verklaar is nadat sy skietwonde aan haar bors opgedoen het.

Dit het gedurende die verhoor deur middel van ʼn ballistiese verslag aan die lig gekom dat Shailendra eintlik die een is wat die koeël, wat sy kind getref het, afgevuur het.

Shailendra en sy vrou, Lorraine, was vandag in die hof terwyl regter Esther Steyn haar uitspraak gelewer het. Die familie het in trane uitgebars toe Mkhize skuldig bevind is.

Volgens Steyn behoort Mkhize aanspreeklik vir die moord gehou te word aangesien hy die een is wat die motor wou kaap en die dogter ontvoer het.

Steyn het verder gesê dit was beduidend dat Mkhize en sy oorlede medepligtige destyds besluit het om hulself vir die kaping te bewapen. Sy het gesê dit dui daarop dat hulle bereid was om enigiemand wat in hul pad sou staan, te skiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Essie ·

Ek vra net 1 vraag hoekom is die doodstraf afgeskaf n jong leweis weggenaam

Jaco ·

Hierdie ou lyk Dan so onskuldig en skadeloos.
Sal my net weer leer moetn boek judge op sy cover ni

Kobus ·

In ‘n sg beskaafde wereld is misdaad so die ” beskaaf” en due doodstraf mis onbeskaafd.

David ·

Dit was ‘n baie tragiese ongeluk.

Ek wens die ouers sterkte toe. Die feit dat die koeël, wat die dogter getref het, uit die pa se wapen gekom het is vreeslik jammer. Daardie pa gaan sy lewe lank homself beskuldig, terwyl hy het bes moontlik uit noodweer na die boewe gevuur om haar te probeer red.

Nico ·

Swak uitleg van die regsbeginsels, as die feite in die berig korrek is..

Nico K ·

Ek weet nie veel van regsbeginsels nie, maar ek stem 100% saam met die uitspraak.

Sadia ·

So, so, sorry Sadia of what happened to you. Its heart breaking. We can only pray for all your loved ones because the place you filled, is now empty. Rest in peace, little one. :(

Daan ·

Ergste van als is die skelm gan vir die res van sy lewe vrye medies ontvang in die tronk en kos en hy kan seker op staats onkostes studeer ook, als bygese as hy nie vroeer gan vrygelaat word nie. Bring die doodstraf trug!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.