Man skuldig aan moord op boer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tweede verdagte is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die moord op Micky Hampson (68).

Jabulani Ngobese (28) is ook skuldig bevind aan poging tot moord op Hampson se seun, Murray (34). Ngobese het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Sy medebeskuldigde Siboniso Mtolo (25) het egter sy aandeel in die misdaad erken en is vroeër die maand tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Hampson, van die plaas Eston naby Mid-Illovo, en sy seun is op 27 September 2013 deur twee verdagtes aangeval terwyl hulle in Hampson se bakkie gery het. Hampson is geskiet en is op slag dood. Die verdagtes het Hampson glo met sy eie haelgeweer geskiet voor hulle daarmee gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veronica Deacon ·

Mooi so! Mag dit die pad wees wat elke moordenaar stap. Die beste sou natuurlik wees, die doodstraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.