
Liyaqat “Lee” Mentoor.
Onke Mashinini is vandag in die hooggeregshof in Johannesburg skuldig bevind aan die moord op Liyaqat (Lee) Mentoor, asook regsverydeling en roof met verswarende omstandighede.
Maroela Media het vroeër berig die vyfjarige Lee is op 16 Maart verlede jaar die laaste keer lewend gesien. Hy is glo deur ʼn paartjie in ʼn silwer motor opgelaai toe hy deur Mashinini by sy ouma se huis in Roodekrans afgelaai is. Sy ma, Kaylah, het hom as vermis aangemeld.
Mashinini, Kaylah se destydse vriend, is Vrydag skuldig bevind, al is die seuntjie se liggaam nooit gevind nie.
Die Mentoor-familie het AfriForum se private vervolgingseenheid genader omdat hulle gevoel het dat die polisie se ondersoek rakende die driejarige Lee se verdwyning aanvanklik nie deeglik gedoen is nie, het die burgerregtegroep gesê.
“AfriForum verwelkom die hofuitspraak en is tevrede dat ons betrokkenheid daartoe bygedra het dat reg en geregtigheid geskied,” het Nantes Kelder, ondersoekbeampte by AfriForum se private vervolgingseenheid, gesê.
Hy het gesê die omstandighede was van so ʼn aard dat die hof geen ander afleiding kon maak as dat klein Lee vermoor is en dat Mashinini daarvoor verantwoordelik is nie.
Kelder het ook adv. Paul Schutte, die staatsaanklaer, geloof vir die geslaagde vervolging.
Mashinini word later vandeesmaand gevonnis.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Doodstraf
Dit raak nou die afgesaagste storie van die eeu en dit is “bring terug die doodstraf”. Almal weet dit gaan nie gebeur nie, so asb kry n ander voorstel, of bly net stil . Dit dryf my al teen die mure uit met bring terug die doodstraf in elke liewe berig.
Onskuldige 5 jaar oud kind, die moordenaar verdien die doodstraf 100%.
Nou scroll dan verby…
En wie moet ons bedank vir die siek land die anc