Man skuldig aan moord op vermiste kleuter Lee Mentoor

Liyaqat “Lee” Mentoor.

Onke Mashinini is vandag in die hooggeregshof in Johannesburg skuldig bevind aan die moord op Liyaqat (Lee) Mentoor, asook regsverydeling en roof met verswarende omstandighede.

Maroela Media het vroeër berig die vyfjarige Lee is op 16 Maart verlede jaar die laaste keer lewend gesien. Hy is glo deur ʼn paartjie in ʼn silwer motor opgelaai toe hy deur Mashinini by sy ouma se huis in Roodekrans afgelaai is. Sy ma, Kaylah, het hom as vermis aangemeld.

Mashinini, Kaylah se destydse vriend, is Vrydag skuldig bevind, al is die seuntjie se liggaam nooit gevind nie.

Die Mentoor-familie het AfriForum se private vervolgingseenheid genader omdat hulle gevoel het dat die polisie se ondersoek rakende die driejarige Lee se verdwyning aanvanklik nie deeglik gedoen is nie, het die burgerregtegroep gesê.

“AfriForum verwelkom die hofuitspraak en is tevrede dat ons betrokkenheid daartoe bygedra het dat reg en geregtigheid geskied,” het Nantes Kelder, ondersoekbeampte by AfriForum se private vervolgingseenheid, gesê.

Hy het gesê die omstandighede was van so ʼn aard dat die hof geen ander afleiding kon maak as dat klein Lee vermoor is en dat Mashinini daarvoor verantwoordelik is nie.

Kelder het ook adv. Paul Schutte, die staatsaanklaer, geloof vir die geslaagde vervolging.

Mashinini word later vandeesmaand gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Fransie ·

Dit raak nou die afgesaagste storie van die eeu en dit is “bring terug die doodstraf”. Almal weet dit gaan nie gebeur nie, so asb kry n ander voorstel, of bly net stil . Dit dryf my al teen die mure uit met bring terug die doodstraf in elke liewe berig.

Nugter ·

Onskuldige 5 jaar oud kind, die moordenaar verdien die doodstraf 100%.

Liana ·

Julius hulle het genoeg bloed gevind om te glo die kind man baie meer leef nie.

Julius ·

Geen liggaam _geen bewyse. Hoe kan die regter die man vonnes sonder enige bewyse? So kan onskuldige mense in die tronk beland.

Abe ·

GL.
Kan jy verduidelik wat bedoel jy met n “sircus” (sic.)
Baie dankie, baie goed gedaan, AfriForum!

Wilhelm ·

Julius – Omstandigheidsgetuienis en Forensiese bewyse is prominent in sulke gevalle.

J J Schoeman ·

……….en dan wil julle die doodstraf in die hande van hierdie misdadiger-regering se hande los? Julle weet nie waarvoor julle vra nie!!!

Abe ·

Julius,
Het jy hierdie saak gevolg? Moenie kommentaar lewer as jy nie die feite het nie. Al was die moordenaar slim genoeg om die liggaam te vernietig, was daar verdoemende getuienis. Die hofstukke is wel beskikbaar, maar ek glo nie jy het selfs net die uitspraak gevolg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.