Man skuldig aan moord op vyf

Argieffoto

’n Man van Lesotho is vandeesweek in die hooggeregshof in Middelburg in Mpumalanga skuldig bevind aan die moord op vyf mense in 2017 naby Ogies.

Teboho Thokoane, ook bekend as Maphoshane, het Dinsdag alleen in die beskuldigdebank ingeskuif aangesien sy medebeskuldigdes intussen oorlede is.

Thokoane (38) is een van vier gewapende mans wat die betrokke dag in Oktober 2017 ’n motor in Evander gehuur en na die Steyn- informele nedersetting buite Ogies gery het. Daar gekom het hulle op ses mense losgebrand voordat hulle in die huurmotor op die vlug geslaan het.

Vier van die slagoffers is destyds op die toneel dood terwyl die ander twee na ’n hospitaal gehaas is. Een van die slagoffers het kort daarna in die hospitaal aan sy beserings beswyk terwyl die sesde slagoffer die aanval oorleef het.

Thokoane is destyds ná ’n ondersoek in Evander in hegtenis geneem in verband met die koelbloedige moorde. Die ondersoekspan is later ingelig dat die ander drie verdagtes gedurende ’n bakleiery in Evander dood is.

Thokoane is skuldig bevind aan vyf aanklagte van moord, een van poging tot moord, een van die onwettige besit van vuurwapens en een van die onwettige besit van ammunisie.

Vonnisoplegging vind na verwagting 8 Februarie 2021 plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frank

Ek dink nogals baie oor die ding. Ons raak woedend oor moorde en voel partykeer of ons reg in eie hande kan neem. Voel dikwels of die moordenaars skotvry daarvan afkom en net verder links en regs moor. Maar dikwels het ek nou ook al gehoor dat die moordenaars self ‘n tyd later dood is. Hetsy in ‘n ongeluk, mekaar geskiet of sommer aan Vigs of wat ookal. Meestal kom ons dit nie te hore nie. Die punt is dat die Here Sy oog op al die gebeure hou en dat Hy en Hy alleen op die regterstoel sit (in… Lees meer »

Sarel

5 mense….moet nie worry nie jy is nie in Lesotho nie.
In SA word jy net vir een gevonnis

Gerd Lourens

Gee hom dadelik mediese parool…

JM

Dit wil voorkom asof moord ‘n populêre tydverdryf in Suid-Afrika geword het. Hierdie moordenaars het geen gewete nie.

Louise

You live hard, you die hard.