Man skuldig aan verkragting van bejaarde

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 33-jarige man is Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die aanranding en verkragting van ʼn 74-jarige vrou.

Regter Anton van Zyl het Mduduzi Phenyane skuldig bevind aan verkragting, aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede. Die hof het gehoor het dat die slagoffer na die aanranding en verkragting vir vyf dae in die hoësorgeenheid van ʼn hospitaal behandeling moes ontvang.

Die bejaarde vrou is in Augustus 2012 in haar woonstel in Pietermaritzburg aangerand en verkrag. Sy het getuig dat sy pas uit die stort geklim het toe sy die man kaal in haar kombuis aangetref het. Die man het haar gewurg, op die grond neergegooi en verkrag. Die vrou is geslaan en geskop as sy op die vloer probeer beweeg het.

Phenyane het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Die vrou se naaldwerkmasjien en ander besitting is in Phenyane se kamer gevind.

Die saak is tot Woensdag uitgestel vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christine ·

Mag di vreksels brand in di hel!!! Ek sou hom mt my kaal hande vermoor sou dit my moeder wees!!!! Sulke uitvaagsels behoort ni in di samelewing!! Uitspraak sal maar weer net tronkstraf wees om later weer uit te kom!!!! Gemors!!!!!

pop ·

Dit is die soort ding waar ek verlang na die ou regering. Dan sou die meneer aan sy nek opgehang geword het. Ten minste was ons beskerm teen die en talle ander soorte aanslae. Die doodstraf is weggeneem om skurke volle mag teenoor burgers te gee. Niks skrik hulle meer af nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.