Man skuldig aan verkragting van peuter

hof-hamer

Argieffoto

Waarskuwing: Die inhoud bevat grafiese besonderhede.

’n Man van die Oos-Kaap is onlangs skuldig bevind aan die verkragting van ’n 15 maande oue dogtertjie.

Madala Peter Tshemese (62) is Vrydag in die hooggeregshof in Bisho skuldig bevind aan verkragting nadat hy in Oktober 2018 onskuldig gepleit het op dié aanklagte, berig HeraldLive.

Dít volg nadat Tshemese se vrou destyds die dogtertjie in haar man se bed aangetref het. Tshemese is nie familie van die dogtertjie nie.

Die vrou het bloed op die kind se doek aangetref en die knope van die kind se klere was losgemaak. Daar was egter geen semen in die kind se doek aangetref nie.

Vuyokazi Magwaza, ’n forensiese verpleegster, het gedurende die verhoor getuig dat swelling en ’n skeur aan die kind se geslagsdeel gedurende ’n mediese ondersoek aangeteken is. Magwaza het gemeld dat die kind waarskynlik met die vinger gepenetreer is.

Regter Belinda Hartle het gevolglik bevind dat Tshemese se getuienis teenstrydig was met die ander getuienis wat gedurende die verhoor aan haar voorgelê is. Hartle het verder gesê sy is tevrede met die mediese getuienis wat daarop dui dat die slagoffer seksueel misbruik is.

Tshemese hou egter vol hy is onskuldig.

Hennie Erasmus, Tshemese se regsverteenwoordiger, het ter strafversagting aangevoer dat sy kliënt ’n eerste oortreder is “wat ’n fout begaan het wat hom duur te staan ​​sal kom”, berig TimesLive.

Die staat versoek egter dat Tshemese lewenslange tronkstraf opgelê word en tot die register van seksuele oortreders gevoeg word.

Tshemese sal na verwagting op 2 September gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lollapot ·

BAIE dankie Mev. Tshemese! Al was dit nie jou kind nie, was jy bereid om op te staan vir haar, jy is ‘n MA . . .

Nicholaas ·

Ek het nie woorde,my brein sukkel om sin te maak hiervan en nog meer hoe verdedig jy so man in die hof.

ES ·

Nicholaas, die wet vereis dat kriminele ‘n regverdige verhoor het en ‘n regsverteenwoordiger het. Glo vir my, enige prokureur wat hom verdedig maak net seker dat die regte prosedures gevolg word, maar ek belowe jou – hulle doen dit nie omdat hulle dit wil doen nie.

koos10 ·

Maar die register vir seksoortreders, lees ek onlangs op MM, bestaan nie!!!
Mag hy sy verdiende loon ontvang! Op 62 glo ek nie dit kan die eerste keer wees nie?
Hoe verduidelik die oud minister dit na haar uitstpraak tydens die Oscar verhoor, dat blanke mans hulle vroue as hulle eiendom sien en dat hulle maak wat hulle wil met hul vroue?

Sarel ·

” Eerste oortreder wat ‘n fout begaan het” wat vir ‘n argument is dit in die omstandighede.
” Register vir Seks Oortreeders: Watter Register?

ES ·

Op daardie ouderdom moet jy ‘n persoon wees wat leiding kan gee, stories vertel en jou ondervinding kan deel met met ander.

Sluit hom toe virewig.

Porseleintjie ·

Wat om met die seksoorteder te doen….my kommentaar sal verwyder word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.