Die Grahamstad-streekhof het ʼn voormalige paramedikus Dinsdag skuldig bevind aan verkragting nadat hy hom aan sy vriendin opgedwing het.
Loyiso Coko (25), ʼn voormalige paramedikus, was in 2018 in ʼn romantiese verhouding met ʼn 26-jarige meesterstudent aan die Rhodes-universiteit betrokke.
“Op 1 Julie 2018 het die student tot orale seks ingestem, maar hom [Coko] uitdruklik teen penetrasie gewaarsku omdat sy nog ʼn maagd was,” het Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, gesê.
Coko het hom egter aan haar opgedwing en haar verkrag. Hy is in September 2018 aangekeer nadat die student ʼn klagte teen hom aanhangig gemaak het.
Hy word volgende maand gevonnis.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Hoe het ons altyd gese? Speel met vuur en?…
It takes two toe tango.