Man skuldig bevind aan Brit se moord

Die slagoffer Christine Robinson (59) (Foto: Ian Cameron via Facebook)

Die buitelander wat ná die moord op Christine Robinson jare lank inhegtenisneming ontduik het, is Dinsdag skuldig bevind aan haar moord en verkragting.

Uitspraak in die moordsaak teen Andrea Imbayarwo is vanoggend in die hooggeregshof in Polokwane gelewer. Die verhoor het verlede week, byna agt jaar ná haar moord, eindelik begin.

Ian Cameron van die burgerregteorganisasie Action Society het aan Maroela Media gesê dit was goed om vanoggend die nuus oor Imbayarwo se skuldigbevinding aan Robinson se familie in Brittanje mee te deel. Cameron het destyds gehelp om Imbayarwo vas te trek.

“Daar is nog so baie sulke sake wat ons moet deurtrek. Ons verwelkom natuurlik die uitspraak, maar daar is nog baie werk om te doen.”

Imbayarwo was ’n jarelange werknemer by die Rra-Ditau Bush Lodge buite Thabazimbi in Limpopo waar Robinson, ’n Britse burger, in Julie 2014 verskeie kere met ʼn mes gesteek en toe glo verkrag en beroof is.

Imbayarwo het daarna na Zimbabwe gevlug, maar later weer na Suid-Afrika teruggekeer voordat hy eindelik in Julie 2020 – ses jaar na die moord op Robinson – in hegtenis geneem is in verband met die moord.

Imbayarwo was toe as Andrew Ndlovu bekend en het in daardie stadium onder ʼn skuilnaam in Johannesburg gewerk.

Imbayarwo sal na verwagting Donderdag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Maar die studies wat dan gedoen is toon dit is nie buitelanders war die moeilikheid maak nie.Hulle betaal belasting,BTW munisipale heffings en hulle gedra hulle,en ek is die pous.

Lillian ·

Maar Statistieke SA beweer die probleem is nie buitelanders nie? Hoeveel bewyse wil jul hê en waar het jul navorsing gedoen by SAPS wie se statistieke gekook word om ons as landsburgers om die bos te probeer lei en die ware toedrag van sake te probeer toesmeer?

En dan werk hy onder ‘n skuilnaam want hy weet hy word gesoek vir moord? Seker nog onwettig ‘n id ook bekom!

pieter ·

Verskonings , verskonings , agt jaar later word die vuilgoed eers gevonnis .alles in die New South Africa is n groot grap. Mense Lewens hier beteken bokkerol

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.