Man skuldig bevind aan Franziska se moord

Franziska Blöchliger en haar ouers.

WAARSKUWING: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Howard Oliver (27) is Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad skuldig bevind vir die moord op en verkragting van die 16-jarige Franziska Blöchliger.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die skuldigbevinding aan Maroela Media bevestig. “Die NVG verwelkom Oliver se skuldigbevinding en dit bevestig weereens die NVG se vasbeslotenheid om sake van geweld teen vroue en kinders te prioritiseer,” het Ntabazalila gesê. “Hierdie skuldigbevinding is ʼn groot stap om te verseker dat Oliver lank tronkstraf sal uitdien om seker te maak hy kry nie weer die kans om enige ander vrou of kind seer te maak nie.”

Oliver het aanvanklik tydens ʼn vorige hofverskyning ontken hy het Blöchliger vermoor. Hy het egter later skuld op die aanklagte teen hom erken en sy volle bekentenis is vandeesweek in die hof voorgelees.

In die bekentenis vertel Oliver hoe hy Blöchliger op 7 Maart 2016 in die Tokai-woud in Kaapstad verkrag en vermoor het. Howard het in grusame besonderhede vertel hoe hy Blöchliger van agter af oorval en gewurg het totdat sy bewusteloos geraak het, voordat hy haar deur die fynbos gesleep het tot op ʼn plek waar niemand hulle sou kon sien nie.

Hy het in die bekentenis gesê nadat hy haar beroof het, het hy ʼn skoenveter om haar hande en mond gebind en besluit om haar te verkrag. Hy het haar boude in die lug geposisioneer en haar gesig in die grond gedruk. Nadat hy haar verkrag het, het hy besef dat sy nie meer asemhaal nie.

“My regsverteenwoordiger het my ingelig dat die nadoodse ondersoek aangedui het die oorsaak van haar dood was versmoring deur haar gesig wat teen die grond gedruk was en verwurging. Ek bevestig dat ek haar gewurg het toe ek haar van agter af gegryp het en dat ek haar gesig in die sand gedruk het terwyl ek haar verkrag het, wat waarskynlik tot haar dood gelei het,” het Oliver se bekentenis gelui.

Franziska Blöchliger

Blöchliger het die dag van haar moord in die Tokai-woud gaan draf, maar nie weer teruggekeer nie. Haar liggaam is later in die woud gevind. Sy is beroof van haar selfoon, diamantring en oorfone.

Jerome Moses (25) en Daniel Easter (33) is in Februarie vanjaar tot ʼn boete van R5 000 of 12 maande tronkstraf, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis vir die besit van gesteelde goedere wat met Blöchliger se selfoon verband hou. Hulle het skuld op die aanklag erken.

ʼn Aanklag van die besit van gesteelde goedere wat vroeër teen Jonathan Jonas aanhangig gemaak is, is in Maart voorlopig teruggetrek weens ʼn tekort aan bewyse.

Adv. Lenro Badenhorst vir die staat het in die hof ter verswarende omstandighede aangevoer Blöchliger het ʼn uiters grusame dood gesterf. Hy het ook beklemtoon dat Oliver aanvanklik probeer het om die skuld op ander te pak en nie dadelik verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar het nie. Badenhorst het gesê daar is geen wesenlike en dwingende omstandighede hoekom die hof van die minimum vonnisse vir die onderskeie oortredings moet afwyk nie.

Die saak is na Donderdag uitgestel vir voorvonnisverrigtinge.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

tamboti ·

Kan ons noudat hy (moordenaar) skuldig bevind en gevonnis is, sy gesig sien asb. Plaas ‘n foto MM!

M ·

Die gemors gaan nou op ons taxgelde lekker in die tronk sit en soos koning leef….. what a waste!!

al ·

Ek stem saam met jou. Die kriminele vermoor ons, maar dis ons geld wat hul moet versorg in die tronk, sorg dat hul nie honger gaan slaap nie.
Hul word finansieel beter na gekyk as ons SASSA bejaardes.

Joh 3:16 ·

Jo… Dis bietjie te grafies. Mans wat vrouens beskou as seks objekte – sonder ‘n breekbare mens binne haar liggaam – sal nie selfbeheersing met hulle verbeeldings kan toepas nie!
Asseblief Maroela dis sulke lesers wat eintlik sensitief is. Die berig sou volledig gewees het sonder hierdie detail.

MeisieMens ·

Daar is ‘n waarskuwing bo aan die berig. Dis jou keuse of jy die grafiese detail wil lees of nie… Se maar net.
Dankie vir die “Waarskuwing!” Maroela.

LMF ·

Jhon jy is gewaarsku so hkm het jy dit gelees mag sy straf n voorbeeld wees vir al die siek monsters en ek hoop sy mede gevangenisse vind gou uit van sy wreedheid en net dalk kry hy ook soos Sheldeen se moordenaar die doodstraf daar binne

Genieve ·

Ja hulle eet lekker ini tronk die kind is nou klaar dood en hy kry n lekker lewe.Die tronk is nie meer n straf nie maar n ontspanings plek vir elke misdadiger.DIe lewe net te onregverdig.

Gesi ·

Liewe hemel is al daai inligting nodig dink hoe moet die meisie se ouers voel as dit my kind was was di hel los

Ai ·

Gesi, haar ouers moes in die hof sit en luister daarna en tien teen een nog die fotos ook sien. As hulle Maroela lees sou dit nie die eerste keer wees wat hul die goed lees nie. Maroela het immers n Waarskuwing gegee.

ZENO ·

Tronk is nie meer `n straf nie, lewe lekker daar en vreet en slaap op ons belasting geld.

Ethel ·

Dis hartverskeurend wat met ons mense landswyd gebeur. Is n lewe dan so min werd. Net nog n berig…..net nog n lewensverlies….more is daar weer n ander misdaad verslag. Ek kan net vir haar ouers bid….dis net in die Here waar ons vertroosting is. Dis soos in Rigters se tyd…..elkeen doen wat reg is in Sy eie oë.

marous ·

Tronkstraf het geen afskrikking vir hierdie tipe drek nie. Lewer hulle aan die gemeenskap uit .

Annie ·

DOODSTRAF !!!!!!! dis al wat gaan werk in hierdie land – VARK dis al wat hy is .

Jean ·

Dit is darem iets verskrikliks, ek was so bang hulle kom vry, want dit het tot nou toe redelik sleg gelyk (Moses, Easter, Jonas – wat almal gestap het). BAIE bly ‘at least’ een van die aangeklaagdes gaan darem nou sit. Hoe verkrag/verwurg/versmoor jy ‘n onskuldige pragtige jong dame? NEEMAN dit is net nie reg nie, hoe het hierdie persoon tot nou toe in die samelewing geleef? RIV jonge dame, jy is heeltemal te vroeg van jou familie af weggeneem!

Annoniem ·

Ek sukkel regtig om te begryp wat met ‘mense’ verkeerd is om so laag te daal. Ons almal wens dit en dat maar wat gaan op die ou end gebeur? Sy lewe gaan aan. Al is dit in tronk. Miskien kry hy 16 jr vir moord …wat n grap…
Ander kry 50 jr vir bedrog.
Sterkte aan haar ouers…ek weet hoe leef mens as jou kind in n ongeluk dood is – maar hoe jy met die wete kan leef dat jou dogter dierlik verkrag is weet ek nie. Mag God met hom afreken – op Sy tyd

Ai ·

Eks nogsteeds omgekrap dat die ander vrygespreek is. Hoe seker is hulle dat hy die enigste is wat betrokke was?!

In elk geval, baie sterkte aan die ouers. Sy lyk of sy n pragtige kind was en ek kry die ouers baie jammer vir hul verlies.

Rus in vrede Francizka ?

Foetie ·

Fantasties, nou gaan ek harder moet werk sodat my belasting geld vir die gespuis aan die lewe hou en kossies koop totdat hy doodgaan van ouderdom en verveling. Belasting geld wat hospitale , skole en paaie kan bou maar nee dit is mos beter om n ding van die duiwel aan die lewe te hou tot niemand se voordeel. Piesang Republiek.

Rina Kotze ·

Bring terug die doodstraf!

Party mense is nie re-habiliteerbaar nie!

Verwyder hulle dan permanent uit die samelewing, selfs uit die tronk samelewing.

Geen ouer wil sy/haar kind so verloor nie!

Mag daar tog ‘n mate van berusting kom vir haar ouers en familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.