Man skuldig bevind aan wrede Hankey-plaasaanval

Sebenzile Simane (32) in die hooggeregshof in Port Elizabeth. (Foto: Raahil Sain/ANA)

Sebenzile Simane (32) is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth skuldig bevind op 17 aanklagte rakende die wrede plaasaanval op ʼn plaas buite Hankey waartydens ʼn ma van drie geskiet en verkrag is.

Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder wat by die saak betrokke was, het bevestig Simane is onder meer skuldig bevind op aanklagte van ontvoering, verkragting, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en die dwing van ʼn kind om ʼn seksuele oortreding te aanskou.

AfriForum het die vrou van die begin van die saak af bygestaan en Kamfer het nou saam met die regspan gewerk om seker te maak die saak word na behore afgehandel. Simane sal vanmiddag gevonnis word.

Die ma het vroeër tydens die verhoor getuig sy en haar drie kinders “is soos diere gejag” die aand van 23 Maart verlede jaar toe Simane by hul plaashuis ingebreek het.

Die kinders het in die gang afgehardloop gekom en die twee jongste kinders het in haar slaapkamer ingehardloop terwyl die tiener na die badkamer gehardloop het. In dié stadium was sy reeds geskiet en het sy haar liggaam teen die deur gedruk om te probeer keer dat Simane in die kamer kan kom. Hy het egter begin skote afvuur.

Simane kon daarin slaag om in die slaapkamer te kom nadat hy die skuifdeur se glas stukkend geskiet het. Hy het in die kamer ʼn vuurwapen teen die negejarige seun se kop gehou. Simane het die gesin later na die sitkamer gedwing waarna die tiener ook met sy hande in die lug by hulle aangesluit het.

Volgens die vrou het Simane geglo daar word R9 000 aan hom geskuld en het hy vir die kinders gesê hy is kwaad vir hul pa. “Hy wou weet waar my man was en het gesê hy sal hom eerste en dan die res van ons doodmaak.”

Die vrou het getuig sy het vir Simane R600 uit haar handsak gegee, asook haar bankkaarte en vir hom gesê hy kan nog geld by ʼn kitsbank gaan trek. In dié stadium het Simane hulle begin vasbind. Hy het na die kinders gedraai en gesê hy gaan hul ma verkrag en hulle gaan moet kyk.

Die gesin in gelukkiger tye op die plaas. (Foto: Verskaf)

Die vrou het hom gesmeek om haar nie voor haar kinders te verkrag nie waarna hy haar na die slaapkamer gesleep en op haar bed verkrag het. Nadat Simane haar verkrag het, het hy haar een dogter gaan haal en haar langs haar ma op die bed laat sit. Hy het toe gedreig om haar ook te verkrag.

“Ek het net geskree: moet haar asseblief nie verkrag nie, sy is te jonk. Sy is net 12 jaar oud, dis nie moontlik nie. Moet haar asseblief nie verkrag nie.”

Die vrou is hierna voor haar dogter verkrag. “Hy het seker gemaak sy sou kyk, al het sy probeer wegkyk.”

Sy en haar dogter is later teruggevat na die sitkamer toe en sy het aangebied om hom na ʼn kitsbank te neem aangesien hy nie haar motor aangeskakel kon kry nie. Sy was in dié stadium al baie swak aangesien sy baie bloed verloor het, maar het sy met hom dorp toe gery waar hy teen omstreeks 23:30 R4 000 onttrek het. Simane wou nog geld trek en het hy vir haar gesê om na ʼn grondpad te ry en daar te wag tot middernag. Terwyl hulle gewag het, het Simane weer gedreig om haar op die agterste sitplek van haar voertuig te verkrag.

Die vrou het in dié stadium besef sy het baie bloed verloor en vir hom gesê sy “weet hy is nie ʼn slegte persoon nie” en by hom gepleit om haar kinders te gaan haal en na ʼn hospitaal toe te gaan.

Simane het kort ná middernag nog geld onttrek, die sakke vol goed wat hy geroof het, gevat en vir die vrou totsiens gesê voor hy op die vlug geslaan het.

Volgens die vrou het sy terug na die plaas gery en gesien daar is ligte aan by familie van haar man se huis. “Hulle het met hul vuurwapens uitgekom en die kinders was reeds daar. Ons was almal in so ʼn toestand.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Se maar net ·

Mag hy baieeeee lank gaan sit en soos van my lewe se gevangenisse harde arbeid doen want Doodstraf sal hy nie kry in ons land nie!! Baie sterkte aan die mamma wat deur alles gegaan en nogsteeds gaan…asook haar onskuldige kindertjies

HM ·

Hoekom word n vrou altyd verkrag en dit voor n kind. Hierdie daad is n lewenslange trauma. Ek hoop jy wat so laakbaar was onthou daardie twee mense as dit donker word in die tronk en jy tussen geharde bendes slaap. Enjoy the ride….

Hannetjie ·

Doodstraf is te genadig….hy moet nooit weer die son of maan sien nie

Kloekie ·

Ons boere word geboelie. Kan iemand n veldtog begin: Stop Bullying Our Farmers!!

KaterinaKat ·

Bullying? Being bullied means being slapped around on the playground, or being verbally abused. “Stop SLAUGHTERING our farmers” would be more accurate.

Merie Perd ·

Ja Kloekie, jy kan n veldtog begin. Hoekom altyd wag vir ander? Kry rigting!

Johan Bisschoff ·

Is dit werklik nodig om elke keer wanneer daar oor hierdie saak berig word die hele nagmerrie weer in grafiese detail op te dis? Hou die slagoffers en hul geliefdes in gedagte asseblief.

Hans ·

Ek hou van nuus maar stem saam dat die repeterende (walgende) grafiese joernalistirk een te veel is.

Karoodonkie ·

Nou wat nou??? Mnr Ramapoza, is dit okay met jou dat hierdie goed met onskuldige mense gebeur? Waar is die wêreld wat so geskop en geskree het toe dit apartheid was. Hoekom hoor ons nou niks? Boere, wees asb te alle tye gewapen. Julle sowel as julle vrouens. Moenie onkant betrap word nie. Suid Afrika, bid vir ons boere. Ons kan nie sonder hulle nie. Het SA nog ‘n weermag? Is hulle ordentlik opgelei? Waarmee hou hulle hulself besig? Ek vra maar net.

Merie Perd ·

Ou rampie is net praat, praat, praat. Hy lieg en bedrieg almal veral die blankes. Hy het dit reg gekry om perde bolie om trumpie se mond te smeer en ou trumpie het dit boonop geniet. so net sy comrades glo hom viva

Anoniem ·

So wat nou, hy gaan sit maar die skade is gedoen – alles gaan nie net nou tot normaal terugkeer nie PLAASAANVALLE is DESTRUKTIEWE GEBEURE Dit moet nooit EERS plaasvind nie ! Neem kennis Mnr Ramaphosa

Anoniem ·

So wat nou, hy gaan sit maar die skade is gedoen – alles gaan nie net nou tot normaal terugkeer nie PLAASAANVALLE is DESTRUKTIEWE GEBEURE Dit moet nooit EERS plaasvind nie ! Neem kennis Mnr Ramaphosa

Merie Perd ·

Die vraag is wat gaan jy daaromtrent doen Anoniem. Bla, bla bla.

Skaam JOU!!!! ·

Gooi hom in die see Haai kos.
Baie sterkte aan hierdie gesin veral julle kinders.

Henry ·

Gaan kyk hoeveel van die ouens wat tronk toe gestuur is weens die tipe moorde sit vandag nog in die tronk. Hulle word stilletjies vry gelaat. Wonder net as iemand ‘n oudit gaan doen om te kyk hoeveel van die ouens sit nog in die tronk. Julle sal geskok wees. Die skelms lag vir ons. Hulle weet hulle gaan nie lank sit nie.

Dorothy ·

Ek sal ook graag wil weet wat sê die pa? Hy is seker ook in ‘n toestand en vol skuld gevoelens.

Yvonne ·

Ek glo baie min van ons kan ons vereenselwig met alles waardeur hierdie gesin gaan aangesien ons nog nie deur so situasie was. Elke lid van daardie gesin sal ‘n blywende letsel oorhou van wat daardie nag gebeur het en ja, ek is seker baie mense vra” wat as……..” maar dit gaan nie die feite verander nie. Ek glo met die regte hulp sal hulle dit kan verwerk maar nooit vergeet nie.

Hierdie gedrog moet vir lank toegesluit word. Ek hoop nie die regter laat die vonnisse gesamentlik uitloop nie. Dit sal ‘n tragedie wees. Hy moet nooit geregtig wees op parool en kan maar vrot in die tronk .

Saint ·

Boere vroue mag /moet bewapen word.
Maar sonder voldoende opleiding en die WiL en DRANG om te skiet as dit MOET is dit ‘n nodeloos oefening

Neil ·

Moet hom die tronk toe stuur nie skiet die ding hy het niks gevoel vir die familie nie.

George in Bloem. ·

Gee daai ding vir die familie,net vir tien minute.Dis al wat nodig is vir geregtigheid. Wonder of ou Ramapocchio,ons kamstige “president”,ooit hierdie tipe berigte raak lees?

Michelle ·

My hart gaan uit vir die vrou en haar kinders want geregtigheid is daar nie vir haar of vir daardie kinders nie. Sy was in die eerste plek nie vry om op haar eie grond met haar kinders te kan beweeg nie en is daar deur ‘n verkragter, misdadiger, gewetenlose inbreker haar van haar en haar kinders se vryheid ontneem. Nou verwag die staat ons as belasting betalers moet vir homy ‘n warm bed, kos en medies voorsien dit is om van siek te word. Terwyl die vrou en haar kinders stukkend geskeur is met letsels wat vir ewig sal bly.

Rina Kotze ·

Doodstraf is al wat gaan help!

Sterkte vir die gesin, hoop hul kry nog berading (nie dat dit ooit die gebeure sal uitwis nie!)

Wat van ‘n ander straf?

Mense wat boere aanval en martel en vermoor, moet nooit kos kry in die tronk nie.

Hulle ontneem werkers van hul inkomste, ‘n man of vrou of albei van hulle families!

Die trauma is lewenslank vir die naasbestaandes.

Mag ons Hemelse Vader ons boere veral beskerm in hierdie donker tye!!!

Sharon Bronkhorst ·

Hy hoef nie bang te wees nie. Daar gaan niks met hom gebeur nie. Al word hy 10 lewenslange vonnisse opgelê sal hy eenvoudig net kos en studies en medies op ons belasting geld kry. En ‘n held wees want hy het ‘n b;anke verkrag ens…… DIT is ons demokrasie! Septies en verrot.

Jepetto ·

Stekte aan die slag offers nou kan julle beristing find hy gaan gevonnis word en baie lank sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.