Man skuldig bevind ná Lephalale-plaasmoord

Drs. Werner en Mariette Emslie (Foto: Facebook)

Petrus Moyo is Dinsdag in die rondgaande hooggeregshof in Lephalale (Ellisras) in Limpopo skuldig bevind in verband met die moord op dr. Werner Emslie.

Maroela Media het berig die 55-jarige Emslie het op 20 September 2017 omstreeks 20:00 buite sy huis op sy plaas buite Lephalale gesit toe vier gewapende mans hom aangeval en doodgeskiet het. Sy vrou Mariëtte (in daardie stadium 55 jaar oud), ʼn algemene praktisyn op die dorp, en die egpaar se dogter Barbara (in daardie stadium 19 jaar oud) is ook aangeval. Mariëtte het ernstige beserings opgedoen. Werner was ʼn geliefde boer en doktor in bedryfsgesondheid.

Vier mans, waarvan twee met pistole gewapen was, het Emslie en sy vrou Mariëtte (55), wat ook ʼn dokter is, omstreeks 20:00 op hul plaas in die Afguns-omgewing oorval. Emslie is tydens die aanval doodgeskiet terwyl hy buite sy huis gesit het en sy vrou is in die maag gewond. Die egpaar se dogter Barbara, ʼn student, was ook tydens die voorval in die huis. Sy is nie beseer nie.

Die Heritage Protection Group (HPG) het Dinsdag bevestig Moyo is onder andere skuldig bevind op aanklag van moord, poging tot moord op sy vrou en roof met verswarende omstandighede. Moyo sal later gevonnis word.

“Dit is ʼn blye dag in HPG-geledere, aangesien ons betrokke was vanaf die begin tot die einde. Geluk ook aan die ondersoekbeampte ao. Osie Oosthuizen van Lephalale en sy span,” het HPG gesê.

Moyo, van Zimbabwe, het twee keer uit aanhouding ontsnap, maar is telkens weer aangekeer.

Lees alle vorige berigte oor die Emslie-plaasmoord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

leser ·

en as hy sy kans kry is hy in hasepad en julle sien hom nie weer in daardie area nie

Koos de Meyer. ·

Weer ‘n Zimbabwe moordenaar. Kom mos maar oor die grens en maak soos hulle wil.

Ellisras ·

En Werner se plaas is leeg. Sy ouers is van die plaas af oor misdaad. Dit is net een van baie gevalle. Maar ons verbeel ons. Cyril het gesê ons verbeel ons, so dit moet waar wees.

Michelle ·

Cyril het mos die wêreld laat weet hier is nie plaasmoorde nie hy moet nou pa staan vir die familie, die grens is oopgegooi almal is welkom hul soek werk maar nie almal soek werk nie, dit is meer lees in die media Zimbabwiese man het vermoor of geskiet of geroof.

Schalk ·

Waar is die ander drie drink hul tee iewers.Was daar nie vier nie.

Ja Nee ·

Baie tragies, net jammer die regering doen niks oor die oorloop van Zimbawiers na SA

Riaan ·

Hy sal seker nou eers vir berading gestuur word voor hy in die 5 Ster Hotel ingeboek word.Misdadigers het mos meer regte as die gewone mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.