Man skuldig bevind oor gesteelde Pierneef-skildery

Die Pierneef-skildery (Foto: Tshenolo Nkoane/Twitter)

Ricardo Mettler (43) is Donderdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van diefstal, geldwassery en bedrog.

Dit volg ná ʼn waardevolle Pierneef-skildery in 2018 uit die provinsiale regering se OR Tambo-gebou in die Vrystaat verdwyn het.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Mettler was ʼn bestuurder en lyfwag van die voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule. Hy het op 4 Maart 2020 vir die eerste keer in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn waarna die saak na die hooggeregshof oorgeplaas is.

“Die ondersoek het bepaal Mettler het die Pierneef-skildery gesteel en aan ʼn sakeman oorhandig. Die skildery is daarna deur Strauss and Co geëvalueer en alarm is gemaak toe dit uitgeken is as die gesteelde kunswerk, ter waarde van ongeveer R8 miljoen.”

Mettler is op vier aanklagte skuldig bevind. Hy is onskuldig bevind op aanklag van oortreding van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne.

Die saak is tot 15 Desember uitgestel vonnisoplegging en ʼn verslag van ʼn maatskaplike werker oor Mettler se kind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Brian ·

Die pad vorentoe:
1. Rasse kaart
2. Verlof om te appelleer
3. Appél na Volbank
4. Appél na Appélafdeling
5. Appél na Konstitusionele Hof
Tydsverloop 5 tot 6 jaar.
Eindtelling: Geregtigheid 0/6 Misdadigheid

Harry ·

Wens ek kon jou verkeerd bewys, maar duidelik het jy jou huiswerk gedoen. Jy is so reg. Dis betreunswaardig. Pateties!

Sobymykoolkop ·

Nie aan sy kind gedink toe hy geroof het nie, ook nie toe hy die vrou van die buurtwag by ñ garage aangerand het nie. Maar ja, die kaders kyk na die kaders. Nou parlement toe.

Spook ·

Hierdie ou is ‘n baie onaangename en arrogante karakter. Vol tjappies soos ‘n gangster.

Snowball ·

Tjappies het my twee keer laat lees. Lekker gelag vir jou kommentaar.

Jr ·

Ja real gangster to protect nog n gangster. Soort soe vir soort

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.