Man skuldig ná hy hond in slagyster laat ly

Die slagyster waarin die hond getrap het. Foto: Verskaf

Die slagyster waarin die hond getrap het. Foto: Verskaf

Mvula Isaac Mini(48), ʼn inwoner van Verkeerdevlei in die Vrystaat, is skuldig bevind aan dieremishandeling nadat hy verlede jaar ʼn hond in ʼn slagyster gevang en vir ses ure lank laat ly het.

Reinet Meyer, senior inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein, het Woensdag aan Maroela Media gesê Mini is Maandag in die landdroshof op Brandfort, noordoos van Bloemfontein, skuldig bevind en gevonnis.

“Mini het in November 2014 ʼn slagyster gestel omrede iets sy hoenders gevang het,” het Meyer gesê. “Hy het in die hof getuig dat hy meer as 60 hoenders gehad het en daar glo net 12 oor was toe hy die slagyster gestel het.”

Mvula Isaac Mini. Foto: Verskaf

Mvula Isaac Mini. Foto: Verskaf

Die hond het op 25 November net ná middernag in die slagyster getrap. Marina Muller, Mini se buurvrou, het die vreeslike getjank gehoor, maar kon nie gaan ondersoek instel nie omdat sy te bang was om uit te gaan.

“Sy moes vir nagenoeg ses ure hoor hoe die hond ly en het met daglig gaan ondersoek instel. Sy het gesien daar was ʼn hond in die slagyster op Mini se erf. Daar was ook ʼn vars dooie bokkop wat die hond gelok het. Sy het ʼn ander buurman gaan roep om haar te gaan help om die slagyster oop te kry.”

Die hond se poot was erg beseer. Die eienaar is kort daarna opgespoor en die hond is na ʼn veearts geneem waar hy behandel en aan die eienaar terugbesorg is. Die hond is ʼn kruising.

Landdros Johan Barnard het in sy uitspraak gesê Mini het geen berou oor sy daad getoon nie. Hy het ook gesê Mini het vir meer as ses ure lank na die getjank van die hond geluister en het niks daaraan gedoen nie.

Mini is tot ses maande tronkstraf gevonnis, of ʼn boete van R4 000. Sy vonnis is opgeskort vir vyf jaar. Die slagyster is ook gekonfiskeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Theodeen ·

Is dit maar al wat hy kry?! Bring daai slagyster en hom vir my….hy sal nooit weer die eer he om enige lede mate te gebruik nie!!

Daan Erasmus ·

Wat van die man se reg dat sy eiendom beskerm word. Volgende is dit sy skape of beeste.

EMK ·

Ek kan nie van sulke goed lees ek word net naar. Kon die buurvrou dan nie maar vroeër die polisie of iemand uitkry om te kom help kyk nie, ek sal NOOIT 6 ure na dit kan luister sonder om iets te probeer doen nie! Opgeskorte vonnis – so eintlik kry hy niks!

Dawie ·

Die uitspraak is heeltemal verkeerd. Jy kan ‘n slagyster stel vir ‘n dier wat vir jou skade maak en volgens meeste regulasies moet ‘n slagyster binne 24 uur nagegaan word. Die man het skade gely vanwee ‘n hond wat nie op leiband of agter ‘n heining toegehou is nie. Die landros se soeke na berou is ook heeltemal van die punt af. Daar behoort eerder ‘n eis teen die eienaar van die hond ingestel te word vir skade gely.

Jan ·

Wie sê dis daai hond en nie sy eie mense wat die hoeders gesteel het nie

EMK ·

So Dawie m.aw. volgens jou is ‘n slagyster reg en dat die arme dier so lank moes ly ook? Nee man! As jy enigsins omgee vir diere dan sorg jy dat jy uitvind wie se dier dit en gaan kla HULLE aan! Die hond volg sy instinkte (AS dit ooit hierdie een was!)en dis nie MENS, die eienaars wat opgevoed moet word, wat nie hul diere binne hou nie wat die skuld moet dra. Moenie die redelose dier straf nie!!

Bloues ·

Mense DINK voor julle repliek lewer. Weet julle hoe ly n hoender wat deur honde gebyt word? Weet julle van die trane en hartseer omdat jy mak hoenders en ander pluimvee het en die word in die nag deur n buurman se hond opgevreet. Hoenderhok kan nie n hond uithou nie.
Was die hoenders nie miskien die man se “boerdery” en sy inkomste nie?

Ek voel jammer dat die hond seergekry het maar ek het BAIE simpatie hoenders se eienaar.
Kla die hond se eienaar aan, hy is die ou wat gestraf moet word. Jou hond hoort in jou jaart en klaar!!! (dieselfde geld vir kat eienaars)

Sollie ·

Bloues skaam jou. Wie sê die ou lieg nie oor die hoenders nie. Hy moet mos ‘n verskoning vir sy wrede gedrag hê. Dit help nie om NOU te sê kla hond se eienaar aan nie, die arme dier het klaar gely! Lees gerus bietjie Joe se kommentaar.

Joe_v_Vuuren ·

Wreedheid in hierdie droewige land ken geen perke nie! En blykbaar geen einde nie.

‘n Arme hond word met aas in die middel van die nag na ‘n plakker se ‘erf’ gelok waar daar vir die onskuldige, redelose dier – wat uit aasvreters (wolwe) uit afstam – ‘n slagyster gestel word. Die veroordeelde krimineel se verweer is dat daar 48 van sy hoenders deur ‘n hond doodgebyt is, en dat die 6 ure van pyn en smart wat die hond moes deurmaak, daarom geregverdige ‘straf’ is. Bid jou aan!

Is jy 100% seker dat die hond(e) wat jou die skade berokken het, wel die een was wat om middernag in jou strik getrap het, Mvula Mini? Jy was in jou bed, besig om na sy getjank te luister, so jy kan onmoontlik seker wees! Is jy seker dis ‘n hond, en nie dalk jou buurman, jakkals, slang, EFF of honger / dors / siekte wat jou hoenders ge-eis het nie?

Daar word verder deur die sg ‘denkendes’ gevra of ons – die met harte EN verstand – weet hoe ly ‘n hoender wat deur ‘n hond aangeval is. Weet die denker hoe lyk die ledemaat van ‘n dier wat in ‘n slagyster vasgeslaan is?

In ‘n land waar diere, oues, kinders, vroue en minderhede met reelmaat vertrap en verinneweer word, sal die denkendes dalk by die Groot Denker van Spreuke moet kers opsteek om seker maak hulle weet hoe ‘n regverdige ‘n dier behandel!

Somerson ·

Ek kon dit self nie beter stel nie. As hy regtig die waarheid wou weet sou hy nie ‘n onbemande lokval gestel het nie.

Elfie ·

Dankie Joe, ek hoop die aangesprokenes kry skaam. Wie sê die ou lieg nie, daar was dalk g’n sprake van hoenders wat gevang is nie, hy sal mos enigiets sê om los te kom. Wreedaard!

nig ·

Ek wonder net of hierdie man se erf behoorlik omhein is en is sy hoenders in ‘n behoorlike hok toegemaak, ‘n hond kom nie sommer binne in ‘n hoenderhok, OF erf as die ding REG en veilig gebou is nie. Maar sulke goed maak mos vir sekeres nie saak nie. Die eerste ding wat mens tog doen veral as jy lewende hawe wil aanhou, is om te sorg dat hulle veilig binne is sodat, as daar diere is wie se eienaars nie na hul kyk, buite kan bly. Dis net soveel die eienaar van eiendom se plig om sy eiendom te beveilig as wat dit diere eienaars se plig is om hul diere binne hul eie erf te hou. Ek stem, dalk is die flippen hoenders gesteel, die arme hond word met ‘n bokkop gelok en dit maak hom sommer die skuldige??

Bloues ·

Hi Nig. Dit is presies wat ek teen die hele gedoente het. As hy hoenders het en hulle bly in sy erf, hoekom moet hy voorsorg tref dat honde nie in sy erf kan inkom nie. My siening is dat in my erf is my goed en enige iemand se hond of kat het geen reg om daarin te kom nie. Hierdie hond het gely en dit is wreed , maar die eienaar van die hond is verantwoordellik om sy dier op sy erf te hou. Die hond se eienaar moet die blaam en skande dra.

Ek het al BAIE skade gely deur ander mense wat hul dierie nie kan beheer nie, en glo my , as jy n paar duisend rand se skade gely het sal jy ook drastiese stappe neem.

nig ·

Bloues, NOOOIT, maar nooit ooit sal ek ‘n dier so wreed laat ly nie. Jy dink nou nie mooi nie, hoe kan jy nou sê as die ou sy hoenders in sy erf hou (HOE anders as deur ‘n ordentlik omheinde hok?) dan hoe fhy nie voorsorg teen ander diere wat mag inkom te tref nie! Die eerste ding wat enige landeienaar tog doen of jy hoenders of watookal nou aanhou of nie is om jou erf te omhein. Nie net om jou geod binen te hou en ander diere buite te hou maar ook vir jou eie veiligheid! Ja dis sleg om skade te ly maar sorg dat jy die rgete mense aanspreek, om enige dier te laat ly is absoluut onmenslik en onnodig. Ek kan nie glo jy dink dis enigsins reg nie. Dis wat die woord mens tog beteken met al die verbuiginge van die woord – dat mens ordentlik en menslik (sag) en waardig sal optree met en teenoor alles en almal.

Bloues ·

Hi Nig. Om enige dier in n slagyster te vang is wreed en verkeerd.
n Hoenderhok met sifdraad keer nie n hond nie.
Mense moet verantwoordelikheid vat vir hul eie diere en as die rondloop en skade maak, moet die eienaar opdok.

Dis my siening

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.