Man skuldig ná hy meisie met suur gooi

Jan Pieterse op 11 Februarie 2015 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Jan Pieterse op 11 Februarie 2015 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Ines Antonio (23), die vrou wat ernstige brandwonde opgedoen het nadat haar voormalige kêrel, Jan Pieterse (29), suur oor haar uitgegooi het, het Dinsdag gesê sy is teleurgesteld oor die uitslag van sy verhoor.

Pieterse is Dinsdag deur landdros Albertus Roux skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig beseer. Antonio het buite die hof gesê die uitspraak is ʼn teleurstelling en die hof moes Pieterse aan poging tot moord skuldig bevind het. Twee aanklagte van poging tot moord is teen Pieterse aanhangig gemaak nadat hy verlede jaar suur oor Antonio en hul kind uitgegooi het, maar Roux het bevind Antonio “is geen engel nie” en Pieterse is op ʼn minder ernstige aanklag skuldig bevind.

“Hy het my gedreig. Hy het belowe hy gaan suur oor my gesig uitgooi en hy het dit uiteindelik gedoen. [Die uitspraak] is so onregverdig,” het Antonio buite die hof gesê.

Phindi Louw, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê hulle is ook baie teleurgesteld met die uitslag van die verhoor. “Vandag voel ons die hof kon die ekstra myl gestap het om ons wetgewing te ontwikkel en sy mandaat om ons landsburgers te beskerm, te vervul,” het sy gesê.

Louw kon nie bevestig of die NVG teen die skuldigbevinding sal appelleer nie.

Antonio het gesê sy hoop Pieterse sal ʼn swaar vonnis ontvang wat ʼn duidelike boodskap aan ander oortreders van huishoudelike geweld sal stuur. “Hierdie monsters daar buite wat ons gesigte vermink en ons identiteite steel, verdien om toegesluit te word,” het sy gesê.

Pieterse sal in Desember gevonnis word.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Frikkie ·

Dalk het hy gedink sy was ‘n inbreeker wat hom gaan aanval.WAt sou jy gedoen het as jy lewe bedryg word?? Sê maar net.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

FRIKKIE WAAR VAL YJ IUT die man het sy vrou aangerand ek verstaan nie jou kommentaar nie. Hy het haar met suur geggooi . Jan ek hoop die hof besin oor jou vonnis jy hoort in die die tronk .

Francois le Cochon ·

Miskien het janneman gedog dit is Jik wat in die bottel was.

Sarel Strydom ·

Daar word gedurig gepraat van geweld teen vrouens en kinders, maar dit is hoe die SA regstelsel dit toepas. Pateties verby

SNEL ·

Ek stem, Sarel, watse voorbeeld stel ons regstelsel nou in die geval. Dis amper asof die slagoffer net weer aangeval word en die skuldige kry n klop op die skouer. Dis skandelik! Die Jannemannetjie het presies geweet wat hy doen. Hy was daarop uit om haar en die kind aan te val, en hulle kon dood gewees het. Hy verdien lewenslank, sy kop raas mos duidelik. Al wat die regte nou wil sê is; as jou vrou jou teen die mure uitdryf, dan vra sy mos nou mooi vir pakslae, so dis reg, Jannemannetjie, oom verstaan hoekom jy dit gedoen het en jy het toe nou nie wou loop om n klappie te gee nie, jy het toe maar net gekies om haar met suur te gooi, maar wees gerus, sy het gesoek daarvoor. Wonder hoe die regte sou opgetree het as dit met sy dogter gebeur het. Geen geweld teen vrouens, kinders of ou mensies mag goedgekeur word nie, daardie skuldige moet die swaarste straf moontlik kry.

Johnnie ·

Stem saam Sarel die regsstelsel in die land beskerm die krimineel en nie die slagoffer nie.

nico ·

Ek besef dat Frikkie en Bloues net probeer grappe maak, maar dit is baie onsensitief teenoor die vrou (en haar kind!) en mens maak sulke grappe met jou vriende as julle partytjie hou, maar nie op openbare media waar die slagoffer dit self kan lees nie.

Andre ·

Frikkie en Bloues se kommentaar is ongevraagd en onvanpas, sou hulle dieselfde kommentaar gelewer het as dit een van hulle se moeders of susters was. dit hoort nie eers op partydjies of in ordentlike geselskap nie. Noem my maar eng of outyds, maar sulke kommentaar is siek en behoort verwyder te word.

Melt Olckers ·

Dit maak nie saak wat dit was hy gedink het hy gooi haar mee nie. Dit is glad nie aanvaarbaar nie. Selfs nie eers met water nie. Vroue moet bewus gemaak word van hierdie tipe mans en wegbly van hulle af.

Bloues ·

Andre, jy is reg. Ek vra omverskoning . Daar is n tyd en n plek vir dinge en dit was defnitief nie die plek vir my skewe humorsin nie.

anni ·

Straf behoort te wees: Soos jy gedoen het, so gaan ons ook met jou doen. Verkragting, moord ens. presies dieselfde.

Anni ·

Straf behoort te wees: Soos jy gedoen het, gaan ons aan jou ook doen. verkragtig, moord ens. Presies dieselfde…Hulle sal almal huil soos babas en gil soos varke wat geslag word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.