Man skuldig ná hy Middelburg-ma doodry

Lizel Visagie (38).

Khumbulani Malinga is verlede week in die streekhof in Middelburg, Mpumalanga, skuldig bevind op aanklag van strafbare manslag nadat hy Lizel Visagie doodgery het.

Visagie (38) het haar dogter, toe 15 jaar oud, in Maart 2019 uit die pad van Malinga se motor gestamp en die motor het haar getref. Hy was besig om vir die verkeerspolisie te vlug.

Malinga het Visagie se been afgery en sy is op pad na die hospitaal dood.

Maroela Media het vroeër berig Malinga is ná die voorval aangekeer, maar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die saak net daarna teen hom teruggetrek.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het in September verlede jaar aan die NVG en polisie geskryf dat hulle namens Visagie se naasbestaandes optree en vordering in die saak versoek. Die saak het toe al reeds langer as ʼn jaar gesloer.

Die NVG het, volgens hulle skrywe aan die eenheid op 13 November, aanvanklik die klagtes teen Malinga teruggetrek aangesien die bloedalkoholverslag uitstaande was. Die saak teen hom is op 23 Augustus verlede jaar om hierdie rede van die hofrol geskrap.

Nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid egter betrokke geraak het, is Malinga deur die NVG gedagvaar om in Maart 2021 in die hof te verskyn. Hy is verlede week eindelik skuldig bevind.

Adv. Phyllis Vorster, aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê AfriForum verwelkom die hof se bevinding asook die vervolging van Malinga deur die NVG.

“Die noodsaaklikheid van die druk wat die privaatvervolgingseenheid uitoefen sodat prima facie-sake soos hierdie wel die nodige aandag kry, word weer eens in hierdie geval beklemtoon. Ons is tevrede dat geregtigheid geskied het en hoop dat die vonnisoplegging berusting vir die slagoffer se familie sal bring,” het Vorster gesê.

Die vonnisoplegging sal na verwagting op 15 November plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

ROELOF ·

Wonder of hierdie Nasionale Vervolgingsgesag nog enige bestaansreg het, of is die dat die besope skuldige die regte velkleur het? Jammer dat n onskuldige ma so moes omkom. Hoop net sy straf sal gepas wees.

Chantel ·

Bietjie uitklaring namens die familie, dis wonderlik. Bring haar nie terug nie, maar geregtigheid het darem geskiet, nie met volle omvang van die wet nie, maar tenminste is hy gestraf.

Jr ·

AFRIFORUM JULLE IS YSTERS. JULLE SIT NET VOET IN N HOF EN JULLE WEN. PUIK GEDAAN

Peach ·

@Jsgroen, punt is elke organisasie het sy suksesse en terug slae. Meet suksesse aan hoeveelhede sake voor die Hof geargumenteer.

Misky ·

Dankie aan Afriforum en dat julle baklei vir ons mindere se regte en geregtigheid. Wat ek dink en wil sê van die NVG, mag ek ongelukkig nie op hierdie platform nie.

Nou wag ons vir die vonnisoplegging en hoop dit sal direkte tronkstraf wees en nie soos die taxi drywer van PE se uitspraak nie

Pablo ·

Hy sal seker net 2 jaar kry want dit was nou nie sy skuld nie.

Di ·

Dink daar is BAIE sulke gevalle waar die saak sommer geskrap word soos in die geval, uitstaande bloedtoetse? Red my siel met hierdie land en regering. Dis duidelik dat mens op hulle nekke moet le as jy enige gereg wil sien geskied. Die hele klomp is pateties

Hennie ·

Hy sal seker ‘n ANC T-hemp en ‘n grondboontjiebotter toebroodjie kry vir sy straf…

Anoniem ·

Ek hoop REGTIG hiérdie goeie nuus sal einduit gevoer word met ń swaar straf !

Harley Davidson ·

Miskien moet Afriforum onderhandel vir ‘n onafhanklike tuisstaat die ander partye stel nie belang solank hulle posisie en finansiële wins net nie in gedrang is nie.

Maritza ·

Trek die saak terug oor bloedalkoholverslag uitstaande is? Hyt nog steeds haar dood veroorsaak. Dronk of te nie. Die regstelsel is ‘n grap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.