Man skuldig ná video’s van mishandelde bokke

Argieffoto (Foto: ansi.okstate.edu)

Argieffoto (Foto: ansi.okstate.edu)

ʼn Man van Mpumalanga is aan dieremishandeling skuldig bevind nadat hy twee bokke erg geslaan het en video’s daarvan op sosiale media versprei het.

Sipho Makamo (25) het Maandag in die Tonga-landdroshof skuldig gepleit op twee aanklagte van dieremishandeling. Refiloe Tsotetsi, Makamo se regsverteenwoordiger, het ʼn pleitverduideliking aan die hof voorgelees waarin Makamo erken het dat hy ʼn ernstige misdaad gepleeg het.

Staatsaanklaer Frederick Mhelembe het gesê Makamo moet vir die publiek om verskoning vra. “Wat jy gedoen het, is nie aanvaarbaar in die gemeenskap nie. Jy het soos ʼn held gevoel nadat jy die bokke mishandel het en video’s daarvan op sosiale media versprei het.”

Landdros Sibonisiwe Sibuyi het Makamo tot ʼn boete van R6 000 of ses maande tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Doen dieselfde aan hom! Jou misbakse, mag jy kry wat jy verdienl!!

Diereliefhebber ·

Ek stem ook dat dieselfde aan hom gedoen moet word en dan kyk ons hoe kom hy anderkant uit. Hy sal sekerlik skreeu soos ‘n maar vark! Maar wat van die toeskouers wat saam gelag het?! Hulle het niks gedoen om die mishandling stop te sit nie, maar dit aangepor deur hul gelag. Nee wat, gooi hul in ‘n gat en stenig hul!

lizette ·

Ek stem absolute saam maak hulle vas en slaan hul tot hul pimpel en pers is n mens kan dit nie op n bok se vel sien nie dit is sowaar barbaars n dier sal nooit so gemeen wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.