Man skuldig wat hond laat ly

SPCA_logoChristopher Dennis Maile, ʼn 45-jarige inwoner van Meyerton in Gauteng, is Vrydag deur die Vereeniging-landdroshof skuldig bevind aan dieremishandeling.

“Die saak het byna vier jaar lank gesloer om in die hof aangehoor te word, maar ons kan vandag bevestig dat geregtigheid vir die hond geskied het,” het Jaco Pieterse, ʼn senior inspekteur van die Vereeniging Dierebeskermingsvereniging (DBV), aan Maroela Media gesê.

Pieterse het Maile in 2011 van dieremishandeling aangekla nadat sy Boerboel-kruisingteef ʼn erge vergroeisel, die grootte van ʼn sokkerbal, aan haar geslagsdeel ontwikkel het. “Maile het nie mediese behandeling vir die hond gekry nie, en sy het vir langer as 10 dae lank gely,” het Pieterse gesê. Hy sê die hond moes van kant gemaak word omdat die vergroeisel septies geraak het.

Staatsaanklaer Lourain Kgaditsi het tydens hofverrigtinge gesê die staat was geskok toe hulle foto’s van die hond gesien het. “Ons kan nie verstaan waarom Maile nie mediese behandeling vir die hond gekry het nie,” het Kgaditsi gesê.

Die hof het Maile ʼn boete van R3 000 of ses maande tronkstraf opgelê, met ʼn verdere ses maande tronkstraf wat opgeskort is vir vyf jaar. Maile is ook onbevoeg verklaar om vir minstens vyf jaar lank enige dier te besit.

“Ons verwelkom die uitspraak. Ons sal nooit ophou om vir diere te veg nie en sal alles in ons vermoë doen om na die welstand van diere om te sien,” het Pieterse bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rene Burger ·

Hulle moet hom nie toelaat om ooit weer enige dier aan te hou nie. Sies!!!

Boerboel ·

Ek stem nie saam nie, hy mag NOOIT weer ENIGE dier aanhou as troeteldier nie.

Gooi hom in die tronk, maar laat ‘n hond hom eers goed byt, en weier mediese behandeling.

Elizabeth ·

Ek het nie woorde … dan noem hy homself ‘n “mens”? Hy moet sommer ook elke dag al die dierehokke by die DBV gaan skoonmaak. Mens wil ook foto’s sien van sulke “mense” – dan moet almal wat hom in ‘n winkel of erens sien hom openlik as dieremishandelaar uitwys. Ughh.. diere, kinders en oumense… die weerloses en hulle word so baie mishandel, dit kom net nie altyd uit nie.

janet de jager ·

Hoop hy kry vergroeisels wat groot word soos sokkerballe en dat geen dokter hom behandel. Sies man, dis n weerlose dier!!!!!!!!! Hoop jou siel rus nooit!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Peter Says ·

Die enigste voedsel wat die man vir 6 maande mag eet is “hond pellets” gevoellose gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.