Man slaan dood neer toe polisie hom jaag

Woensdagaand se toneel by Northgate Mall. Foto: Emer-G-Med/Facebook

Woensdagaand se toneel by Northgate Mall. Foto: Emer-G-Med/Facebook

ʼn Vermeende dwelmsmous het Woensdagaand dood neergeslaan in die Northgate Mall nadat metropolisiebeamptes hom agternagesit het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê metrobeamptes het omstreeks 20:00 gisteraand ʼn motor naby die winkelsentrum van die pad af getrek.

“Daar is na bewering dwelms in die motor gevind, waarna die manlike bestuurder uit die motor gespring en die winkelsentrum binnegehardloop het.”
Volgens Minnaar het die beamptes die man agternagesit. Die verdagte het in die winkelsentrum dood neergeslaan. “Daar word beweer dat die verdagte die dwelms ingesluk het voor hy dood is.”

Minnaar het gesê die voorval sal ondersoek word om vas te stel wat presies gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Elfie ·

@Rod Coleman – yip, stem saam. Soos hulle sê karma is ‘n bitch!

Hein ·

Vanoggend op Highveld Stereo was daar ‘n ander weergawe van hierdie storie: volgens die oorledene se broer het die polisie die oorledene gevang met die dwelms maar ‘n plastiek sak oor sy kop getrek om afkoopgeld uit hom uit te kry en dis hoe hy dood is…nou wie glo ‘n mens deesdae: die dwelmsmouse of die polisie?

snip ·

Bhaha, ja-nee, want jy kan nie een van die twee vertrou nie.

Theresa ·

Jip – Dit sal ‘n mens nou nooit weet nie nê………..??!!

Lawrance ·

Persoonlik maak dit vir my nie regtig saak hoe die delmsmous dood is nie. Dis ongelukkig net een minder.

Chris ·

Die broer is nie baie slim nie, in die winkelsentrums is orals kameras en as hy dood neergeslaan het sal dit op die kameras wys. Tenminste kan dit nie lieg nie.

Maronel ·

Dan moes die smous seker versmoor het en hul sal dit met nadoodse ondersoek kan vasstel of daar ‘n sak oor sy kop was. Dink eerder die broer lieg. Nou is hy tien teen een ge-overdose..

ladybug ·

Blinde sambok! Net soos die nigerier wat so tyd gelede in Benoni ook dieselfde gedoen het toe K9 hom gejaag het, slaat dood neer langs die kar en toe word die polisie blameer dat hulle hom geskiet het … nodeloos om te sê toe daag al wat ‘n nigerier is op by die polisiestasie en moes gemoedere gekalmeer word …

Wat soek die gemors in ons land elke geval? Maar soos met alles anders verval hierdie mooi land van ons in anargie!

Neptunus ·

Feite soms vreemder as fiksie. Sou meer realisties gewees het as ‘n uitasem polisielid dood neergeslaan het van inspanning, as mens kyk hoe dik hulle deesdae is. Of as ‘n oorgewig lid die verdagte per ongeluk doodgeval het!

ig ·

Wat belangrik is dat die dwelmsmous dood is wat baie goeie nuus is.Dit spaar die belastingbetalers,ek en jy,baie geld en vehoed ook dat daar een varknek minder is wat ons jong mense se lewens verwoes.

Liesl ·

Seker lelik om te se, maar sy dood is geen verlies vir die samelewing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.