“’n Man het op 3 Januarie op die laaste trein van Centurion af geklim en talle vensters in twee treinwaens met ʼn stomp voorwerp stukkend geslaan,” het Vadi in ʼn verklaring gesê.
Volgens Vadi is die Gautrein se veiligheidsbeamptes onmiddellik in kennis gestel van die voorval. Die man is deur polisiebeamptes in hegtenis geneem toe die trein op die Pretoria-Gautreinstasie stilgehou het. Hy word van kwaadwillige saakbeskadiging aangekla.
Vadi het gesê Gautrein-stasies het verskeie veiligheidsmaatreëls insluitend “kringtelevisiekamera en sigbare polisiëring” in plek.
Volgens berigte het die man die vensters met ʼn pyp stukkend geslaan terwyl talle passasiers steeds in die treinwaens was.