Man slaan Gautrein-vensters stukkend

Argieffoto

Argieffoto

Ismail Vadi, Gautengse LUR vir vervoer, het die voorval waar ʼn passasier die vensters van ʼn Gautrein-treinwa stukkend geslaan het, ten sterkste veroordeel.

“’n Man het op 3 Januarie op die laaste trein van Centurion af geklim en talle vensters in twee treinwaens met ʼn stomp voorwerp stukkend geslaan,” het Vadi in ʼn verklaring gesê.

Volgens Vadi is die Gautrein se veiligheidsbeamptes onmiddellik in kennis gestel van die voorval. Die man is deur polisiebeamptes in hegtenis geneem toe die trein op die Pretoria-Gautreinstasie stilgehou het. Hy word van kwaadwillige saakbeskadiging aangekla.

Vadi het gesê Gautrein-stasies het verskeie veiligheidsmaatreëls insluitend “kringtelevisiekamera en sigbare polisiëring” in plek.

Volgens berigte het die man die vensters met ʼn pyp stukkend geslaan terwyl talle passasiers steeds in die treinwaens was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.