Man slaan glo bok dood

man-slaan-bok-dood

Die video is aanvanklik op YouTube gelaai, maar is intussen verwyder.

ʼn Man van Mpumalanga het Woensdag vlugtig in die hof verskyn nadat hy glo ʼn bok doodgeslaan het en die gru-daad op video afgeneem is.

Volgens kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het Sipho Makamu in die Nkomazi-landdroshof in Mpumalanga verskyn op ʼn aanklag van dieremishandeling. “Sy inhegtenisname volg nadat ʼn video van ʼn man wat ʼn bok doodslaan, op sosiale media versprei en in die hande van die polisie en SA Animal Rescue and Advisory Centre (SAARAC) beland het,” het Hlathi gesê.

Die Tonga-polisie en inspekteurs van SAARAC het ondersoek ingestel en Makamu is Dinsdag by ʼn huis in Mzinti naby Malelane vasgetrek.

Hy is op ʼn waarskuwing vrygelaat. Die saak is tot 10 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Die video is aanvanklik op YouTube gelaai, maar is intussen verwyder.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Belinda ·

Flippen gemors van ‘n man. Sal goed wees as iemand hom dood slaan!

Hugh Knight ·

70 people likes this…aangesien hy met ‘n tik oor die vingers wegkom hoef ek seker nie eers te vra of daar ondersoek ingestel word vir soortgelyke insidente by die mense wat die video ge-‘like’ het nie.

Elizabeth ·

@Hugh Knight – dis skokkend! Minstens is dit nou verwyder maar dat mense dit kan “LIKE”?? Hoe siek is dit nie?

pop ·

Ek is te geskok om eers aan iets te dink om te se. Ons kan maar net bid dat ons Vader ons gou sal kom haal!!!!!

Janie Nel ·

Die goed het net geen genade vir ‘n lewende wese nie, hetsy mens of dier. Nou loop hierdie selfde wreedaard vry rond. Die hemele behoed ons.

Joanne Esterhuysen ·

Waarskuwing!!!! Wat gaan dit vat voordat daar opgetree word teen sulke oortreders?? Volgende is ‘n kind of vrou of ou mens. Gaan hy dan weer waarskuwing kry?

GA Toerien ·

TIA .TIA . Gewoonlik doen hulle eers iets anders met die bok . Ook as die “gees” dan in die bok ingaan , dan word die bok doodgemaak . Gewoonlik n familielid . Jippie Pop , kan ek dan jou motor kry ? Wat ry jy ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.