Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die beweerde voorval het Woensdag plaasgevind. “Die kind het na bewering op die bank in haar ma se huis in die Boitumelong nedersetting geslaap. Toe sy wakker word, het die ma se kêrel (29) gesien sy het op die bank geürineer,” het Moleko gesê.
“Hy het glo kwaad geword en die kind met ʼn elektriese koord aan ʼn kas in die kombuis vasgemaak. Hy het haar daarna glo verskeie kere met ʼn gordel geslaan en haar teen die vloer gegooi.”
Volgens Moleko het die kind se ma die polisie en paramedici ontbied. Die dogtertjie is op die toneel dood verklaar.
Die man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Bloemhof-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Siek man!! Hy verdien doodstraf!
Ons wette en strawwe kan net nooit vergoed vir die wandade wat teenoor kinders gepleeg word nie! Geen straf is goed genoeg behalwe die doodstraf nie! ‘N oog vir ‘ n oog!
Sien dis hoekom mense aanneem die vrou wat gevlug het se man het die kinders molesteer (vorige Maroela berig) want meestal is dit….?
Sulke misdade teen kinders maak my woedend kwaad. Watter vrees moes sy nie beleef het, terwyl hy al die goed aan haar gedoen het nie? Ek hoop hy kry die straf wat hy verdien. Geen, maar geen kind mag deur so iets gaan nie.
He must Rot in jail!