Man slaan glo kleuter met gordel dood

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man van Bloemhof in Noordwes is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin se vyfjarige dogtertjie met ʼn gordel doodgeslaan het.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die beweerde voorval het Woensdag plaasgevind. “Die kind het na bewering op die bank in haar ma se huis in die Boitumelong nedersetting geslaap. Toe sy wakker word, het die ma se kêrel (29) gesien sy het op die bank geürineer,” het Moleko gesê.

“Hy het glo kwaad geword en die kind met ʼn elektriese koord aan ʼn kas in die kombuis vasgemaak. Hy het haar daarna glo verskeie kere met ʼn gordel geslaan en haar teen die vloer gegooi.”

Volgens Moleko het die kind se ma die polisie en paramedici ontbied. Die dogtertjie is op die toneel dood verklaar.

Die man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Bloemhof-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Peet Schabort ·

Alet en Yahleda, ek stem volkome saam met julle. Gebruik sy elektriese koord en lyfband vir die joppie. Dis hier waar die moslemlande ons vêr voor is.

Marcia ·

Ons wette en strawwe kan net nooit vergoed vir die wandade wat teenoor kinders gepleeg word nie! Geen straf is goed genoeg behalwe die doodstraf nie! ‘N oog vir ‘ n oog!

klip ·

Sien dis hoekom mense aanneem die vrou wat gevlug het se man het die kinders molesteer (vorige Maroela berig) want meestal is dit….?

Clarissa ·

Sulke misdade teen kinders maak my woedend kwaad. Watter vrees moes sy nie beleef het, terwyl hy al die goed aan haar gedoen het nie? Ek hoop hy kry die straf wat hy verdien. Geen, maar geen kind mag deur so iets gaan nie.

pauline ·

Alet hy is siek verby, stem vir die dood straf maar n stadige en pyn volle 1. Hy moet voel soos daai kind gevoel het. Kinders op daai ouder dom kry nog glipse in hul slaap, straf die kind slaan hom/haar nie. Die VARK

Jaco ·

Ek is gatvol vir al hierdie stories. Kinders word verkrag,aan gerand en vermoor en die gemors wat dit doen gaan tronk toe vi 15 jaar en kom lewe weer tussen ons. Niemand weet eers wat hy gedoen het ni en dan doen hy dit maar net weer. As die gereg hom nie kan doodstraf gee nie gee homdan vi die MOB. Hulle kan hom doodstraf gee.

Elbie ·

Siek gemors! Verstommend hoe barbaars party ‘mense’ is. Blerrie lafaard, hoop jou dag kom sommer baie gou.

Suzette ·

Nadine jou benaming vir hom nog te goed. Kan nie in my woordeskat aan ‘n beskrywing vir hom eers dink nie. Ek sien my kleindogter pas 5jaar geword, teer, lieflik, broos, ‘n Godgegewe mensie met die onskuldigste ogies. Ek sidder, want glo my daar sal niks van hom oorbly om toe te sluit of te begrawe nie.

SportingRSA ·

Arme kind! 5 jaar oud; geen kans teen so ‘n monster nie. Wat van HAAR menseregte? Dit is ‘n skande as ons sulke mense laat terugkeer na die samelewing.

Jan ·

Stem saam doodstraf moet terug kom maar dit sal nie waar gaan Zuma stemme kry

Neville B Esq ·

Discipline the child sure, but beat to beat her senseless, & then to throw her on the floor….he had no right. The law is to easy on murders, loose your temper, kill and get off with 10 months in a prison hospital….
Its too easy, we should have a referendum to bring back the death sentence…..being released back into society after 5 years is just not the answer for taking a life.

Vaatjie ·

Natuurlik bestaan demone Gerhardt. Die bloeddorstige kommentare op hierdie berig is ook ‘n bewys daarvan. Binnekort gaan boosheid teen boosheid te staan kom, demoon teen demoon. Dit is hoe die boosheid homself gaan uitwis.

elize naude ·

vir diegene wat so na doodstraf skreeu moet my verduidelik hoekom die moordsyfer in die usa so hoog is…. daar heers ja die doodstraf!!!!!

Poppie ·

Watse pyn moes daai klein dogtertjie nie verduur het voor haar dood nie. Gn kind verdien om so dood te gaan nie. Dit wat deur haar breintjie moes gegaan het haar laaste oomblikke is om van te huil. My kleinkind is ook 5 en ek sal moor as iemand hom iets aandoen. Rus in vrede Poplap. Jy is beter daar by Liewe Jesus as saam n monster.

Strydom-:Stryslim eerder ·

As so iets met iemand na aan my moet gebeur,sal So n gemors nie die tronk sien nie, maar ek wel…

Anita Steyn ·

Skrikwekkend,arme kind…………..mag God hom ‘n vreeslike dood laat sterf,satan het oorgeneem,so weerloos+Ma toe aangrand toe sy wil ingryp………….aggenooit is vreeslik!!!!!

Theresa ·

Dit is verskriklik, maar ek wil weet hoekom het die ma dit laat gebeur? Ek sal tot die dood toe my kinders beskerm.

Meeste van die kommentators het alreeds die man “doodgemaak”, want in die tong is mag van lewe of dood.. En maak nie saak wat nie, die oordeel kom net God toe..

Reinette ·

Nou is sy ‘n Engelkind, veilig by Jesus. Geen pyn of hartseer meer nie. Rip Engeltjie.

Dina de Beer ·

Ek stem saam RIP engeltjie. My seun is ook an Angel nou. My ex het hom gemolesteer en daardeur het my seun selfmoord gepleeg, hy kon nie daarmee saamlewe. As ek maar net geweet het. Wat die seerste maak, my seun is dood, my ex floreer in die lewe in Australia. Ek glo even hier in Australia beskem die wette die moordenaars, kinder molesteerders en al daardie gemors wat nooit op die planeet aarde moes wees. Ek voel vir daardie ma, my seun was so erg aangerand deur sy stiefpa, nooit sou ek kon droom die man wat dan nie die kind van my kan aanvaar en liefdevol behandel sou die een wees wat hom molesteer, ek het altyd gedink hy haat my seun. Die pyn sal nooit weggaan, die verlange sal nooit ophou. In my lewe sal ek nooit weer a man vertrou.

Annatjie ·

Vandag se strawwe is te lig en mense kom weg daarmee dis hoekom mense doen soos hulle wil. Ons kinders is onskuldig en kry die swaarste! Wette moet strenger word teen kinder mishandeling en ander oortredings.

Driesman ·

Daar is nog net ‘n paar state in die VSA wat die doodstraf toepas. Verder het hulle ses maal ons bevolking. ‘n Vuurwapen in ‘n kluis beteken presies niks – moet aan die persoon se sy wees.
Enigste manier om moontlik te oorleef is om paraat te wees en jou vuurwapen naby! Ook slaap die dogtertjie rustig in die stof van die aarde. Sy sal eers die Here Jesus sien wanneeer Hy weer kom. Gaan lees die verse in die Bybel.

Madeleine ·

Ons lewe in ‘n realistiese wêreld. Die Bybel is een van die boeke wat gevul is met meer geweld as genade en dit van ‘n liefdevolle God?? As jy ‘n lewe neem wetend wat jy besig is om te doen hoekom moet jy lewe???? Die doodstraf sal dit verseker beter maak en mense afskrik om sommer net iemand anders leed aan te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.