Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die man het glo vroeg Saterdagoggend sy vriendin met ‘n ysterstaaf doodgeslaan in die Nkaneng informele nedersetting. Die vrou is dood aangetref in een van die plakkershutte.
“Die saak is by die polisie aangemeld waarna hulle na die toneel is. Die polisie het met behulp van die gemeenskap ‘n soektog na die man van stapel gestuur nadat daar verneem is dat hy in die area wegkruip,” het Mokgwabone gesê.
“Die verdagte het homself doodgeskiet toe die polisie by die plakkershut opgedaag het waar hy weggekruip het.”
Mokgwabone sê die motief vir die voorval is nog nie bekend nie. “Die saak word nie met die huidige staking in die platinumgordel verbind nie.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
‘n Koeel was te genadig vir homself, hoe slaan jy iemand dood met ‘n ysterstaaf, geen gewete, geen gevoel, niks.
Jasper jou kommentaar stink.
Plaas hy net homself uithaal. Nou vat hy sy vriendin saam met hom?
Nee wat ek bly maar single for life.
Het op ‘n baie jong ouderdom, besluit verhoudings en trou is nie vir my nie.
Vandag, op 45 is ek steeds enkel, geen kinders en ek kan vir myself sorg.
Verhoudings is te gekompliseerd. Dankie, maar nee dankie.
Die moord het tien teen een te doen met ‘n jaloerse kêrel of gewese kêrel.
SINGLE FOR LIFE!!!