Man slaan glo vriendin dood, pleeg selfmoord

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man het glo sy vriendin doodgemaak voor hy later homself doodgeskiet het naby Marikana in Noordwes.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die man het glo vroeg Saterdagoggend sy vriendin met ‘n ysterstaaf doodgeslaan in die Nkaneng informele nedersetting. Die vrou is dood aangetref in een van die plakkershutte.

“Die saak is by die polisie aangemeld waarna hulle na die toneel is. Die polisie het met behulp van die gemeenskap ‘n soektog na die man van stapel gestuur nadat daar verneem is dat hy in die area wegkruip,” het Mokgwabone gesê.

“Die verdagte het homself doodgeskiet toe die polisie by die plakkershut opgedaag het waar hy weggekruip het.”

Mokgwabone sê die motief vir die voorval is nog nie bekend nie. “Die saak word nie met die huidige staking in die platinumgordel verbind nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Benno ·

‘n Koeel was te genadig vir homself, hoe slaan jy iemand dood met ‘n ysterstaaf, geen gewete, geen gevoel, niks.

Jasper ·

En nou kan hy nie eers vir sielkundige waarneming gestuur word nie.

AmY ·

Plaas hy net homself uithaal. Nou vat hy sy vriendin saam met hom?

Nee wat ek bly maar single for life.

Het op ‘n baie jong ouderdom, besluit verhoudings en trou is nie vir my nie.

Vandag, op 45 is ek steeds enkel, geen kinders en ek kan vir myself sorg.

Verhoudings is te gekompliseerd. Dankie, maar nee dankie.

Die moord het tien teen een te doen met ‘n jaloerse kêrel of gewese kêrel.

SINGLE FOR LIFE!!!

Dolk ·

Amy, jou keuse is jou keuse… Ek’s al meer as 27 jaar gelukkig getroud. Ek kan my nie indink om sonder ‘n “Ek’s lief vir jou” – “Lief vir jou ook” drukkie en soentjie aan die slaap te raak nie… ‘n Warm lyfie – teen onse wang of rug…

As man is ek daar om te beskerm, sorg en lief te hê – die deure te sluit, op te spring en te gaan kyk as daar geluide is en, spinnekoppe en druppende krane ens. uit te sorteer… ;-) Onder andere!

Solank, wat mens kies, uit persoonlike oortuiging is – nie omdat selfsug of bitterheid dit gekies het nie.

Wees nooit verbitterd teenoor “waar, met wie” jy is nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.