Man slaan vriend glo met hamer dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy sy vriend glo gedurende ʼn rusie oor drank met ʼn hamer doodgeslaan het.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het gesê die 29-jarige man en drie vriende se motor het Sondagoggend op die N1 buite Bloemfontein sonder brandstof gaan staan. Een van die vriende het na ʼn nabygeleë vulstasie geloop om brandstof te koop.

Terwyl hy weg was, het die beskuldigde en een van die vriende in ʼn rusie betrokke geraak oor ʼn bottel bier. Die beskuldigde het sy vriend glo hierna met ʼn hamer doodgeslaan. Hy het homself later aan die polisie oorgegee en sal Dinsdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jakes ·

Het die vriend wat geloop het, nie dalk die rusie veroorsaak toe hy vir homself ‘n ‘ loopdop’ gevat het nie?

Jo ·

Hi Gerrie, jy weet net so goed soos ek wie die “hulle” is. Name is nie van belang nie. Maar ek sien jou fyn sarkasme raak. Eienaardig dat Maroela dit geplaas het. Ja so verskil kulture maar. Hulle aanhoudende pogings om mense in mekaar se kele af te druk en kulture te probeer vermeng ignoreer nie net die reg op vrye assosiasie nie maar ontketen ongekende rassehaat.

Uys ·

Weereens ń bewys dat baie motors se insittendes en bestuurder ook op ons land se paaie drank in die voertuig het. Ek sê nie hy het gedrink en bestuur nie, net ń klip in die bos.

Peet Schabort ·

“Gun free SA” sal ook moet begin kyk na hamers.

V ·

Liewe aarde nou ry hulle al met hamers ook nog saam hul in die kar.Hoe slaan jy net iemand dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.