Man soek hulp in kafee ná kapers hom skiet

geweerʼn 39-jarige man van KwaZulu-Natal het by ʼn kafee ineengestort nadat hy glo tydens ʼn kaping twee keer in die kop geskiet is.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het in ʼn verklaring gesê die voorval het Dinsdag omstreeks 18:00 in New Germany naby Pinetown plaasgevind.

“Die kafee-eienaar het paramedici ontbied toe die man ná die vermeende kaping in sy kafee ingestrompel en op die vloer inmekaargesak het,” het Vermaak gesê.

Paramedici het die slagoffer in ʼn plas bloed op die kafee se vloer aangetref.

“Die slagoffer was baie deurmekaar. Paramedici het dadelik probeer om die bloeding te stop en het hom op die toneel gestabiliseer, en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.