Man soek ná hy glo baba ontvoer

Die 21-jarige verdagte (Foto: SAPD)

Die polisie in Johannesburg het Woensdag ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn 21-jarige man wat na bewering ʼn maand oue babadogtertjie ontvoer het.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die man, wat glo van Egipte is, het die baba Maandag laatmiddag vanuit haar ouerhuis in Mayfair in Gauteng ontvoer.

Mbele sê die man het glo by die gesin se huis ingestap, die baba by die ma gevat en weggejaag in ʼn goudkleurige Peugeot 206. “Die man het glo die kind se ouma uit die pad gestamp toe sy hom probeer keer het,” sê Mbele.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie. Dit is ook nog onseker of die verdagte enige bande met die gesin van die ontvoerde baba het.

Mense met meer inligting oor die voorval word versoek om konst. Matshata by 083 438 8475 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DS ·

Net ingestap…. was deure nie gesluit? Net my kind uit my arms vat? Ek dink nie so nie sal jou gebyt, geskop en geslaan het met enige iets wat ek in hande kon kry. Baie verdag. Hoop egter baba is ongedeurd en veilig.

Leahim ·

Hoekom sal hy so iets doen in die eerste plek en in die tweede plek hoop die “trio taakmag “?? vang hom en stuur hom terug Egipte toe met sy goue karretjie

Cherokee ·

Daar is hope moslems in SA, dit weet jy tog. Waarskynlik selfs x-hpeveelheid in die regering.

Toy ·

Ek hoop hul het die lughawens laat weet. Hy kan dalk land uit vlug met die kind.

Theresa ·

Lyk my almal wat nêrens wat saakmaak toegelaat word nie, kom skrop hier nes (enige plek!) en maak ‘n lewe van als behalwe goeie goed. Vat baie om soggens met ‘n positiewe gees op te staan. Nog meer om deur die dag met al die banaliteit wat gebeur met ‘n glimlag te gaan.
Wat sê die statistiek oor misdaad = wie is vir meeste moorde verantwoordelik? wie is vir meeste ongelukke verantwoordelik? wie is vir meeste ontvoerings verantwoordelik? wie vir mensehandel? wie vir verkragting? wie vir aanranding? Is dit iewers te bekom, asb.?

madels ·

Dis verskriklik! Ons gaan nog groot dinge sien gebeur hoe meer Moslems toegelaat word om ons land binne te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.