Man soek ná kano op Vaaldam omslaan

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

ʼn 43-jarige man van Meyerton in Gauteng het Sondag in die Vaaldam verdwyn nadat die kano waarop hy geroei het glo omgeslaan het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die man het omstreeks 17:00 in die Noordbaai-omgewing op ʼn kano geroei.

“Die wil voorkom of die man ʼn paar honderd meter ver van die oewer af was toe die kano omgeslaan het. Hy het na die oewer probeer swem toe hy onder die water verdwyn het,” het Lambinon gesê.

Bemanning van die NSRI-Vaaldam het onverpoosd na die man gesoek maar die soektog teen die aand afgelas. Die polisie se duikeenheid het die soektog Maandagoggend hervat.

Die man se familie word deur die polisie bygestaan.

Lees ook: Liggaam van vermiste man in Vaaldam gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Temp. van die water kan misleidend wees en die noodsaaklikste bly maar die REDDINGSBAADJIE.
Sterkte aan die familie.

Nikita ·

Kan julle asseblief julle feite reg kry voor julle iets plaas hy was nie 32 nie hy was 43 en niemand het Sondag geduik nie hulle het eers Maandag begin duik. KRY JULLE FEITE REG ASSEBLIEF!!!!!

Landi Slatter ·

Dagsê Nikita

Dankie vir jou terugvoer. Ons het gewerk met al die inligting wat ons direk vanaf die NSRI ontvang het, waarin die bogenoemde inligting vervat is. Indien jy meer besonderhede het oor die voorval asseblief stuur vir ons ‘n e-pos na [email protected].

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.