ʼn 43-jarige man van Meyerton in Gauteng het Sondag in die Vaaldam verdwyn nadat die kano waarop hy geroei het glo omgeslaan het.
Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die man het omstreeks 17:00 in die Noordbaai-omgewing op ʼn kano geroei.
“Die wil voorkom of die man ʼn paar honderd meter ver van die oewer af was toe die kano omgeslaan het. Hy het na die oewer probeer swem toe hy onder die water verdwyn het,” het Lambinon gesê.
Bemanning van die NSRI-Vaaldam het onverpoosd na die man gesoek maar die soektog teen die aand afgelas. Die polisie se duikeenheid het die soektog Maandagoggend hervat.
Die man se familie word deur die polisie bygestaan.
Temp. van die water kan misleidend wees en die noodsaaklikste bly maar die REDDINGSBAADJIE.
Sterkte aan die familie.
Kan julle asseblief julle feite reg kry voor julle iets plaas hy was nie 32 nie hy was 43 en niemand het Sondag geduik nie hulle het eers Maandag begin duik. KRY JULLE FEITE REG ASSEBLIEF!!!!!
Dagsê Nikita
Dankie vir jou terugvoer. Ons het gewerk met al die inligting wat ons direk vanaf die NSRI ontvang het, waarin die bogenoemde inligting vervat is. Indien jy meer besonderhede het oor die voorval asseblief stuur vir ons ‘n e-pos na [email protected].
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Is die man noual gekry??