Man soek ná ‘seksdaad’ met vierjarige

kinderhandeDie polisie in Noordwes is op soek na ʼn 35-jarige man wat glo ʼn vierjarige meisie seksueel aangerand het.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het glo Woensdag naby Sun City naby Rustenburg plaasgevind.

“Daar word beweer die man het na die slagoffer se huis gegaan en haar gaan oplaai. Hy het haar glo in ʼn stadium opgetel en sy vinger in haar privaatdele ingedruk,” het Ramaloko gesê.

“Die meisie se tannie het glo uitgevind wat gebeur het en die polisie ingelig. Die polisie het na die verdagte begin soek maar kon hom nie opspoor nie.”

Volgens Ramaloko gaan die soektog na die verdagte voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Salome Steyn ·

Ek wens hul wil die doodstraf terug bring dan sal hierdie land regkom. Sonder dit sal dit nooit regkom alles sal net erger word!

CHRISTA ·

Hulle sal dit NOOIT terugbring nie! Kan jy dink hoeveel sou al gehang gewees het? Wie sal dan vir hulle stem?

Peet Schabort ·

Ons kan argumenteer soos ons wil maar ons weet wat met hom sal gebeur in ‘n moslemland waarmee ek saamstem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.