Man soek oor trollie met lyk in

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Durban is op soek na ʼn man wat Dinsdagaand laat ʼn liggaam in ʼn trollie langs ʼn hoofweg gestoot het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê hulle is omstreeks 23:00 na die Ruth First-hoofweg (M4-Noord) ontbied nadat hulle inligting ontvang het oor die voorval.

Volgens Van Reenen het beamptes die man genader waarna hy oor die besige hoofweg gevlug en in die bosse verdwyn het. “By nadere ondersoek is die liggaam van ʼn vrou in die trollie gevind.” Van Reenen het gesê die oorledene was glo omtrent 30 jaar oud en het wonde aan haar kop gehad.

Die oorledene is nog geïdentifiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Back-up ·

Ai Polisie waar was die back-up. Basiese reel 1, indien iets verdag lyk benader dit van alle kante, eish……. dit is oor Fikile’s wat dink as jy in daai Polisie kar is sal die res vanself kom, og jy moet bevoeg wees en weet hoe en wat om te doen.

antoinette ·

Wat sal n mens nou hoor en lees EISH die wereld is rof.

Johan Botha ·

Seke ma honger.. hy wil nou ga braai… hy weet polisie gaan sy kos vat..

Sêmaarnet ·

Liewe genade, is ons nou al so immuun teen misdaad en al die lelike dinge wat in ons mooi land gebeur dat ons grappe maak oor iemand wat dood is?????
Hoe weet julle wat die rede is vir die lyk in die waentjie? Goed hy kom skuldig voor omdat hy weg gehardloop het, maar dit is nie te sê hy is nie. Vleisbraai???? Is jy ‘n kannibaal??????

Scalla ·

Slegs in Suid Afrika, trollies word snags ingespan as lykwaens op die snelweg, drywer was seker onder die prop en het dus weg gehardloop

fin ·

Hierdie is niks nuuts nie. Ek kry dit gereeld dat ‘n liggaam sommer met ‘n kruiwa vervoer word. Baie het nie begrafnispolisse nie, en wanneer ‘n persoon sterf, is daar nie geld om ‘n ondernemer te bel nie. Hulle maak self plan. Die liggaam word dan in ‘n shack gestoor tot die Vrydag wat hy/sy by die huis moet kom vir die nagwaak. As die familie gelukkig is, gee die munisipaliteit ‘n pauper kis. Wanneer die reuk te erg raak vir die bure, veral in die somer, word ons ondernemers geskakel om te red wat daar te redde is, en gewoonlik sonder vergoeding. En dan is die “brand arm” familie gewoonlik ook baie demanding en arm of nie arm nie, die bees is geslag en die groot “after tears” is gereel. Vir R400 kan jy ‘n BI by geneeshere koop sonder om die liggaam te toon. Al wat nodig is, is om jou maat by Binnelandse sake te gaan sien met die BI, en jy kry ‘n doodsertifikaat. Klae ons oor hierdie ongeruimdhede, val dit in elk geval op dowe ore

Anoniem ·

Mense..die is nie die grap van die jaar nie….Hou simpel grappies vir julself!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.