Man soek oor vriendin se onthoofde lyk

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Gauteng is op soek na ‘n man van Turffontein nadat sy vriendin dood aangetref is in hulle huis.

“Ons is op soek na die man sodat hy ons kan bystaan in die ondersoek na die moord,” het ao. Lorraine van Emmerik, woordvoerder van die polisie gesê.
Winette Nyamakari se liggaam is in haar kêrel se huis gevind, berig The Star. Portia, Winette se ma, het op haar dogter se liggaam afgekom.

Sy is met ‘n slypmasjien onthoof. Volgens die berig was Alex Thomas, haar kêrel, nêrens te vinde nie.

Portia sê sy het haar dogter op 24 Junie die laaste keer gesien. Thomas het glo by die ma en dogter se werksplek opgedaag en gevra of Winette verlof kan kry aangesien hy haar êrens heen wil vat.

“Hy het my die Woensdag geskakel en gevra ek moet hulle kind by die kleuterskool gaan haal, maar hulle het hom nooit by my kom haal nie,” het Portia aan die koerant gesê.

Portia en haar man het na Thomas se huis toe gery. Die deur was oop en dit het gelyk of die huis geplunder is. Portia het bloedspatsels op die vloer gesien en dit gevolg.

Portia het op haar dogter se lyk afgekom waar dit met ‘n kombers toegegooi was.

“Ek het die kombers opgelig, sy was kaal van haar middellyf af ondertoe en haar kop het op die rand van die bed gehang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Daar is nie meer respek vir lewe in ons land nie. Waar heen gaan ons? Ek se bring die DOOD STRAF terug sodat daar weer respek vir lewe kan wees en die boosdoenners sal Hang. Arme Ouers. Sterkte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.