Die Oos-Kaapse polisie het in ʼn japtrap ʼn verdagte aangekeer nadat Belinda Olivier (39) se liggaam met verskeie steekwonde Maandag in haar huis op ʼn plaas in die provinsie gevind is.
A.o. Elmarie Lotz, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Olivier is liggaam is in haar bed op die plaas, Belklaar, naby Cookhouse, gevind.
Na verneem word het Olivier op die plaas gewerk. “Die Cookhouse-polisie het leidrade opgevolg en ʼn 32-jarige man Maandagaand in die dorp in hegtenis geneem. Die verdagte het die slagoffer vermoedelik geken,” het Lotz gesê.
Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Somerset-Oos-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
En so gaan dit elke dag word ons blankes uitgemoor Kan ons nie asb sanksies teen SA kry miskien sien die ANC ons is ernstig teen misdaad dis amper soos oorlog soos die mense vermoor word
Moet net nie te lank neem om die sanksies in te stel nie anders moet die naam op die sanksies verander na South Zimafricawe. Waartoe ons op pad is.
Knap gedaan SAPD
Tans is of die SAPD of die buurtwag “gou op die toneel” – terwyl die moord en skade reeds plaasgevind het. Iewers slaag die burgerlike beskermingspogings teen geweld en misdaad eenvoudig glad nie, – belangrike vergaderings, trompet-geskal van groot berade en sit-sit-so in die kerkbanke ten spyt!