Man spring na dood vir R100

Shark Rock-pier. Foto: South African Tourism/Flickr

Shark Rock-pier. Foto: South African Tourism/Flickr

ʼn 25-jarige man het verdrink nadat hy en sy vriend glo ʼn R100-“beloning” aangebied is om van die Shark Rock-pier in Port Elizabeth af te spring, het Beeld Saterdag berig.

“Dit is duidelik dat nie een van die mans vir ʼn oomblik gedink het dat dit gevaarlik is om van die pier af te spring nie,” het Jenifer Isaacs, ʼn ooggetuie, aan die koerant gesê. Isaacs het gesê die twee mans het reeds voor die houtreëlings aan die punt van die pier gestaan toe sy Donderdag daar opgedaag het.

“Hulle ander vriend het hulle met ʼn R100 aangemoedig,” het Iaacs gesê. Die twee mans het kort na mekaar in die water gespring.

Ao. Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê die een man se liggaam is Vrydagoggend naby die pier gevind. Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die oorledene se vriend is deur omstanders uit die water gered.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Ek kan dink hy het al gedink wat hy gaan koop. Dit vir R1oo.oo…. hartseer…

zahn ·

Jump now, pay later… daai is nou die tipe vriend wat geen mens nodig het nie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.