Man spring na sy dood by Bloem-hospitaal

life-roseparkʼn Man wat in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein behandel is, is dood nadat hy Woensdag uit ʼn oop venster op die tweede verdieping van die hospitaal na sy dood gespring het.

Hein Rossouw, die hospitaal se bestuurder, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn pasiënt wat in die hospitaal se intensiewesorgeenheid behandel is, sy eie lewe geneem het.

“Dit is ʼn traumatiese tydperk vir die man se familie wat hul verlies moet hanteer,” het Rossouw gesê. “Ons het nie die familie se toestemming om meer inligting oor die voorval bekend te maak nie, en respekteer dit weens die hospitaal se vertroulikheidsbeleid.”

Die hospitaal het beraders gereël wat personeel en die pasiënt se familie bystaan.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Ek sal net graag wil weet hoe is dit moontlik om uit ‘n hospitaal se venster te spring. Hier in Pta kan mens nie vensters oopmaak in hospitale nie. Ek reken al die hospitale is so vir sulke redes. Ek mag dalk verkeerd wees. Mens wonder net hoe hy dit reggekry het sonder dat iemand hom gesien het?

Delia ·

En nogal intensiewe sorg? Het gedink daar is ten alle tye personeel teenwoordig…..

Delia ·

En nogal intensiewe sorg? Het gedink daar is ten alle tye personeel teenwoordig…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.