Man spring na sy dood by Bloukransbrug

Bloukransbrug deur NJR ZA - Eie werk via Wikimedia Commons

Bloukransbrug deur NJR ZA – Eie werk via Wikimedia Commons

ʼn 36-jarige man, glo van Oos-Londen, het Dinsdag na sy dood gespring by die Bloukransbrug op die N2 naby Stormsrivier op die grens tussen die Wes-Kaap en die Oos-Kaap.

Volgens ooggetuies het die man sy silwerkleure VW Amarok naby die 216 meter hoë brug parkeer voor hy afgespring het.

Nooddienste was op die toneel om na die man se liggaam te soek.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die brug is bekend vir die hoogste kommersiële reksprong ter wêreld wat sedert 1997 deur Face Adrenalin aangebied word.
– TMG Digital/The Herald

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Susan ·

Ek kan dit verstaan hoekom mense hul eie lewens neem, maar dt bly hartseer. Was self daar.

Leeutjie ·

Susan: Dis tragies, en depressie is ‘n siekte wat meer en meer mense tref! As mens so lees van die wreedhede teenoor die mens en dier is dit emosioneel en finansieel bykans onmoontlik om jou doel en visie te behou! Dit word net erger!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.