ʼn 21-jarige man het Dinsdag by Cavendish Square-winkelsentrum in Claremont, Kaapstad, na sy dood gespring.
“Hy het omstreeks 17:30 gespring,” het Andre Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die omstandighede word nog ondersoek. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.”
Die man se naam kan nie bekend gemaak word totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is nie.
Bron: Mpho Raborife, News24