Man spring uit bewegende motor tydens kaping

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man moes na ʼn hospitaal geneem word nadat hy Maandagaand uit ʼn bewegende motor gespring het toe twee kapers met hom en sy swanger vriendin binne die motor weggejaag het.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 24-jarige man en sy 21-jarige vriendin se motor het omstreeks 20:25 sowat 3 km buite Theunissen sonder brandstof gaan staan. Die man het na ʼn nabygeleë vulstasie gestap om brandstof te kry, terwyl die vrou in die motor agtergebly het.

“Die man het na bewering teruggekeer en is deur twee onbekende mans genader terwyl hy brandstof in die motor se petroltenk gegooi het. Een van die mans het ’n vuurwapen gehad en die man gedwing om in die motor te klim. Hulle het ook in die motor geklim en in die rigting van Bultfontein gery,” het Mokhuoane gesê.

Die man het in die ry uit die motor gespring en weggehardloop. Die kapers het nog ʼn ent aangery voordat hulle skielik stilgehou, uitgespring en te voet gevlug het. Die “kapers” is glo later deur ʼn motoris opgelaai nadat hulle geryloop het.

“Die man en vrou het die polisie en nooddienste ontbied en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Mokhuoane gesê. “Die man het beserings opgedoen toe hy uit die bewegende motor gespring het en die vrou is net geneem om seker te maak dat sy nie seergekry het nie.”

Mokhuoane het versoek dat mense met meer inligting dit by lt. Elize Nel by 057 391 6804 of Crime Stop by 08600 10111 aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Blom ·

Wow wat n gentleman dat hy uitspring en sy meisie en ongebore baba in die hande van kapers los! Ek is seker sy voel veilig saam met hom!

Karma ·

Ja-nee, wraggies Blom, sê ek ook mos daardie selfde ding van dié “brawe” man se optrede. Red net sy eie basvelle en basta met sy meisie en die ongebore babatjie.

Se maar net ·

Toe die man nou uitspring het sy swanger vriendin in die motor agter gebly?
Presien wat het hy gedink?? Wat gaan hulle met sy vriendin doen?
Grnadiglik het sy nie iets oorgekom nie.

Pieter ·

Ek is nie snaaks nie maar hy is nie ‘n man nie hoe kan jy jou swanger meisie los in ‘n motor met kapers???

charlene ·

Ek is baie bly die swanger vriendin het nie seer gekry nie en is nog meer dankbaar hulle het haar nie ander leed aangedoen nie MAAR ek hoop van harte hulle bly net vriende want watse soort man los sy swanger vriendin is sulke boos mense se hande. SIES.

E ·

Dit is juis agv die man se daad dat die kapers seker begin stres het. Hulle het seker gemeen die jong man gaan die polisie bel of hulp ontbied, daarom het hulle gevlug.

Onseker ·

Aan E. Miskien is jy reg en dit was ook moedig. Miskien het hy daarmee gereken dat dit die kapers onseker kan maak.

SAS ·

Is dit nou nie braaf van hom nie ?? Moes hom in n ander bloedgroep in geval het , dalk kry hy verstand .

Willie ·

Snaaks wat mense doen veral onder druk. Het hy uitgespring om aandag te trek? Of omdat hy bang was? Net bly die arme vrou is ongedeurd…

Ronell ·

ENNNNNN….. meskien oordeel julle hier bo te vinnig. Om uit ‘n bewegende voertuig uit te
spring kos baie moed en wie sou weet hulle is ontvoer as iemand nie probeer hulp soek het nie. ENNNNNNN wat het toe gebeur…………..die boewe het geweet hy gaan hulp soek en die kaping afgelas… ! SSoOOOOO bravo outjie jy het op jou voete gedink en jou plan het gewerk. Gee hom a BELLLS………….!!!!!!!!!!!!!!!!

Lienkie ·

Stem saam Ronell, GIVE THAT MAN A BELLS!!! Hy het die booswigte se planne heeltenmal omver gegooi.

Mariana ·

Ek dink ook mense oordeel te gou. Dit moes ‘n baie moeilike besluit vir hom gewees het. Ek’s saam met hulle dankbaar dat hulle veilig deur die gevaarlike kaping gekom het. Alle Eer aan ons Hemelse Vader.

Gesiggie ·

Ja Mnr dit was so bietjie onverskuldig van jou om te doen wat jy het, maar seker maar gedink… vandag gaan ek nie dood nie” en die arm vriendin wat agter moes bly? Swanger nogal” hul kon haar geskiet het? Ja nee as mens seker in sulke omstandighede kom dink jy nie helder… Ek is net verlig dat jou vriendin ok is… jou beserings is jou eie nonsens”’

Theresa ·

Dink hy wou hulp soek. As die kapers wou skiet, het hul dit in elk geval gedoen. Nee wat, voordat ek die jongman sal veroordeel, glo ek dat hy dit ter wille van hulp gedoen het en nie uit bang wees nie. Bly hy het reg geraai dat die sotte sal vlug. Want hul het. So dis wat gebeur het nie al die ander goed nie.

Jakes ·

Mense kan vinnig oordeel. Was een van hulle al in ñ kaping situasie . Dis maklik om nou te oordeel , daai outjie was dapper en het die beste in daardie oomblik gedoen .

Pieter ·

Dink net wat kon gebeur het as hy in die kar gebly het ,albeit konfyt dalk dood gewees het hy was dapper

Sandra ·

Ek is dankbaar beide is veilig. Ek glo hy wou probeer hulp kry en ek glo hy is vir haar en sy ongebore baba baie lief.

M. ·

Niemand van ons kan oordeel nie,dis nie ons wat in daai posisie was nie,niemand van ons weet wat sy planne was nie,praat weer as jul eendag in dieselfde of soortgelyke situasie was,alle dank aan God dat hul veilig is.

Louis ·

Die feit is as die man nie uitgespring het nie, was hulle altwee dalk dood, vandag is hulle altwee lewendig.

SNEL ·

Ek dink ook dit vat baie moed om uit n bewegende kar te spring en dit was seker al manier om hulp te kry as hy uitspring om dan n kar te stop vir hulp of om sy selfoon te kan gebruik. As hy nie gespring het nie, was hulle beide (al drie) nou sekerlik dood. Dis n groot kans wat hy gevat het, wat gelukkig gemaak het dat hulle stop en weghol.

Enette ·

My eerste gedagte ook toe ek die artikel lees….Spring uit en los jou vriendin vir die wolwe? Sjoe…

Sarah ·

Ek sou ook uitspring, liewer hulp gaan soek as wat beide dood gemaak word. En die gemors het ten to one gestop en gevlug oor daar nou n getuie uit gespring het.

Clyvia ·

Miskien het hy uitgespring om aandag te trek of om hulp te probeer kry. Wat my wel pla is dat mense nie leer nie. Hoe ry ‘n mens in vandag se tyd rond sonder genoeg brandstof om jou veilig by jou bestemming uit te dring? Dit was ook baie dom om alleen in die donker te loop en haar in die motor te los.

J ·

Hy het die regte ding gedoen. Meeste voertuie het deesdae n opsporing stelsel in. En om uit te spring en alarm te maak dat die voertuig asap opgespoor kon word en sy meisie se lewe te red. Moes hy nou Chuck Norris wees teen n vuurwapen wat albei se lewens kan kos.

Anthonie ·

Nee die knaap is glad nie n ”hero” of n held in my oe nie. Dink dit is baie onverantwoordelik en dom om nie seker te maak jou voertuig het genoeg brandstof in en dan met jou swanger vriendin in die nag ook nog rond te ry nie. Dink hy het meer aan homself gedink as aan haar.

Foxi ·

Sal graag wil hoor wat sy swanger vriendin te sê gehad het. Ek wonder maar net!

Estelle ·

Lees ek verkeerd? Nêrens word aangedui dat die vrou in of buite die motor was tydens die voorval nie (behalwe dat sy in die motor gewag het terwyl hy petrol gaan haal het). Swak beriggewing…. te veel gate word oopgelos vir afleidings/interpretasies.

ST ·

Wonder hoe Gillian Schutte die storie sou geskryf het? “Vermetelheid van ontvoerder wat uit voertuig spring terwyl hy ontvoer word!”

Nicky ·

Ek dink die man het reg opgetree. Ek sou ook eerder wou he my man moet iets probeer doen soos uit spring as net oorgee en aanvaar ons word gekaap.

SUSAN ·

Dit was baie slim van hom want ek twyfel of hulle die vriendin sou doodmaak terwyl daar iemand is wat hulle sal kan uitken. Nou word hulle net opgespoor vir ‘n kaping, maar nie vir moord nie. So hulle kom weer vinnig uit die tronk en kaap dan maar weer motors.

Daleen Prinsloo ·

Wel gedaan!! Hy het die regte ding gedoen. Ennnn dit het gewerk. Sterkte aan die twee… uhm… drietjies :_-)

Drikus ·

Feit is, ‘n ontvoering is abnormaal. Dit verg dus soms buitengewone (abnormale) optrede om daaruit te kom. Die man se uitspring het immers hulle lewens gered. Moenie oordeel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.