ʼn Man is ernstig beseer toe hy Woensdagoggend uit ʼn bewegende afleweringsvoertuig gespring het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die R71 op pad na Tzaneen in Limpopo plaasgevind.
Volgens Meiring het paramedici die man aan die kant van die pad aangetref en die voertuig ʼn ent weg in die bosse.
“Paramedici het die man ondersoek en vasgestel hy het verskeie beserings wat hom in ʼn ernstige toestand gelaat het,” het Meiring gesê.
Die man is op die toneel behandel en daarna na ʼn privaat hospitaal vir mediese behandeling vervoer.
“Dit lyk of die man uit die voertuig probeer spring het voordat dit in die bosse beland het.”
Die polisie ondersoek die voorval.
Dit klink asof daar `n slang in die kajuit kon wees.
Wel as daar n slang in die kajuit was, is hy nou verseker in die gras…
Kom ek help julle reg, die man wat uitgespring het is my drywer. Hy het beheer verloor nadat n rukwind hom geruk het. Dit het gereen en die pad was nat. Ek was nog voor die paramedici op die toneel. Hy het wel ligte nek en rugbeseerings opgedoen. Hy was indie privaat hospitaal is gistermiddag onslaan en sterk tans aan by die huis.
Man ANDREW ons is bly jy het nou die regte weergawe van die storie vir ons gegee, terwyl jy self ook nie daar was nie ne? MAAR ons is bly jou drywer is fine, nou kan hy weer DRYF!
Dagsê Andrew
Dankie vir jou kommentaar. Die inligting soos in die berig vervat is soos ons dit van die nooddienste ontvang het.
Groetnis
Tania
nms Maroela Media