Man spring voor trok in ná vriendin se moord

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

ʼn 23-jarige man van Mpumalanga het Dinsdag in die Mkobola-landdroshof verskyn op aanklag dat hy sy 23-jarige meisie vermoor het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê Elvis Abram Ntuli het glo vir Nokuthula Mahlangu in die vroeë oggendure van 11 September by haar huis in Kwaggafontein C besoek waar hy haar verwurg het.

“Daar word beweer dat [Ntuli] sy suster gebel en aan haar gesê het wat hy pas gedoen het. Hy het die toneel verlaat en glo probeer om selfmoord te pleeg deur voor ʼn aankomende vragmotor in te spring. Hoewel die vragmotor hom getref het, is hy nie dood nie,” het Bhembe gesê.

Ntuli het geringe kopbeserings opgedoen en is in die hospitaal opgeneem. Hy is later ontslaan en in hegtenis geneem.

Die hof het Ntuli Dinsdag borgtog geweier en die saak is tot 2 Oktober uitgestel vir nadere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.