Man stabiel ná kopskoot tydens kleinhoewe-aanval

Argieffoto

Khato Rangale (44), die man wat Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe naby Lanseria in Gauteng in die kop geskiet is, is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het Maandag aan Maroela Media gesê die organisasie het in verbinding getree met Rangale se vrou, Julia, wat toestemming gegee het dat sy naam bekendgemaak word. “Sy het bevestig dat hy steeds in die hospitaal is, hoewel nie in ʼn toestand om te praat nie,” het Müller gesê.

AfriForum reël tans ʼn tolk sodat berading aan Rangale se vrou verskaf kan word.

Maroela Media het vroeër berig die aanval het Sondag net voor 01:00 op ʼn kleinhoewe naby die R552 gebeur. Kapt. Tinyiko Mathebula, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die Rangale-egpaar het geslaap toe drie aanvallers die venster in die slaapkamer gebreek en geëis het dat Rangale die deur oopmaak. “Toe die man die deur oopmaak, is hy in sy kop geskiet.”

Volgens Mathebula het die aanvallers met ʼn televisiestel op die vlug geslaan. Julia is nie beseer nie.

Sake van poging tot moord en huisroof word ondersoek. Mathebula het Maandag bevestig niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Werner ·

Ek wonder of hulle nuuskanale ook so getrou berig oor die boere wat vermoor word

Cherokee ·

Rangale… waarskynlik ‘n Indiër. Ek het met hulle net soveel simpatie as met die boere, Werner.

cool ·

vir n bledi tv in die kop geskiet? “normal crime” se voet

Piet ·

Gaan sit die dinge op Fox News op twitter dan almal dit sien

Ai Afriforum ·

Jip trust AFRIFORUM om weer hulle neus daar te gaan indruk . .. gee julle ook berading vir al die PLAASBOERE se mense nadat hulle geliefdes vermoor is of probeer julle ook nou politiek korrek wees? Vreemd dat soveel oumense nie net op plase nie maar in dorpe vermoor word en dan sien jy nie ‘n teken van Afriforum nie maar o hel laat daar net ‘n ander volk se mense iets oorkom dan staan hulle bankvas agter hulle . probeer so hard om MET DIE DONASIES van die blankes ander te ondersteun terwyl hulle elke dag gedreig en uitgeskel word as rassiste ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.